Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Rentekoerse (was ook Ekonomiese . . Hondswaai)
Rentekoerse (was ook Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43840] Ma, 11 Junie 2001 22:34 na volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons inflasie (bo 6%) is nog hoër as by julle (onder 3%). Dis die
belangrikste rede hoekom ons rentekoerse hoër is. Maar daar is 'n sekondêre
rede, ons reële rentekoerse word hoog gehou om die inflasie verder af te
kry. Die hoë rentekoerse onderdruk die mense se leningsvermoë en hulle
vermoë om te koop en daardeur vraag vir produkte skep en dit help om die
Rand sterker te hou as wat dit anders sou gewees het. Dit verminder ook die
inflasiekoers.

Ons is nie 'n eerstewêreldland nie en wel nog erg bekommerd oor inflasie.

Wouter

skryf in boodskap news:3B253B4A.6E78F71@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:

Die eerstewêreldlande is nie meer bekommerd oor inflasie nie.

As ek reg onthou, is julle rentekoerse in SA nog taamlik
hoog in vergelyking met wat ons s'n is. Hoekom sal dit
wees?
Ons rentekoerse is die laagste wat dit nog was vir omtrent
twee dekades.

Gloudina
Re: Rentekoerse (was ook Ekonomiese . . Hondswaai) [boodskap #43842 is 'n antwoord op boodskap #43840] Ma, 11 Junie 2001 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ons is nie 'n eerstewêreldland nie en wel nog erg bekommerd oor inflasie.
>

Het die feit of jy 'n eerste- of derde-wêreld is, iets te doen met
hoe bekommerd jy oor inflasie is? Sou Kanada nie maar net so
bekommerd wees oor inflasie as SA nie?
Ek sien wel dat, om die Rand kunsmatig hoog te hou, jy miskien
die rentekoerse hoog moet hou. Maar ek weet ook darem nie.
Ons Kanadese dollar is nou rondom 65 US sent vir 'n Kanadese
dollar. Die Kanadese dollar het aanmekaar gedaal, gedurende
die tyd van hoë inflasie en laer inflasie. Hulle praat van later
50 US cent vir 'n Kanadese dollar.
Ek weet regtig nie wat hou die Amerikaanse dollar hoog of laag
nie. Die Kanadese ekonomie is veronderstel om op die oomblik
die slegte tye in die tegnologiese sektor beter te weerstaan as die
Amerikaanse ekonomie. Tog maak dit min verskil aan die waarde
van die dollar. Wat maak die Amerikaanse dollar so hoog op
die oomblik ten opsigte van ander geldeenhede? Het dit iets
te doen met die persepsie van beleggers dat die VSA 'n "veilige"
plek is om in te belê?

Gloudina
Re: Rentekoerse [boodskap #43871 is 'n antwoord op boodskap #43840] Di, 12 Junie 2001 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ons is nie 'n eerstewêreldland nie en wel nog erg bekommerd oor inflasie.

Gloudina : Het die feit of jy 'n eerste- of derde-wêreld is, iets te doen
met hoe bekommerd jy oor inflasie is? Sou Kanada nie maar net so bekommerd
wees oor inflasie as SA nie?

Wouter: Statisties gesproke, ja. Want eerstewêreldlande het inflasie onder
beheer en weet hulle kan dit ook so hou. Die res (nog) nie. Dis wel 'n
effense veralgemening. Lande soos die VSA raak bekommerd as inflasie oor 3%
gaan en doen dan dadelik iets daar aan.

G: Ek sien wel dat, om die Rand kunsmatig hoog te hou, jy miskien
die rentekoerse hoog moet hou. Maar ek weet ook darem nie.

W: Ja, jy is reg om te wonder. Baie doen dit. Maar hoë rentekoerse demp wel
vraag en dit neem een van die inflasionêre drukpunte weg. Op sy eie kan dit
nie inflasie keer nie.

G : Wat maak die Amerikaanse dollar so hoog op die oomblik ten opsigte van
ander geldeenhede? Het dit iets te doen met die persepsie van beleggers dat
die VSA 'n "veilige" plek is om in te belê?

W: Die VSA dollar is die effektiewe wêreldstandaard en solank die VSA sy
ekonomiese beleid versigtig bestuur gaan die VSA $ gewild bly. Dis die
eerste geldeenheid waaraan internasionale beleggers en bankiers dink, alles
word daarteen oorweeg. Die ekonomiese saamvoeging van groot dele van Europa
met die Euro gaan 'n alternatief probeer skep. Of dit gaan werk, sal ons
maar sien, die emosionele draaipunt kom in 2002 wanneer die Euro die huidige
papiergeld in die lande vervang.

Wat die dollar sterk maak? Ek wens ek het geweet, dan kon ek dit ook
voorspel en geld daaruit maak. Persepsies het baie daarmee te doen, veral
die "veilige hawe" wat jy noem. Ook die gedrag van mense en dis die
onvoorspelbare deel.
Rentekoerse en wisselkoerse [boodskap #43885 is 'n antwoord op boodskap #43871] Di, 12 Junie 2001 09:30 Na vorige boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek weer probeer, jy het eintlik gevra oor die wisselkoers en nie
inflasie nie

As die rentekoerse in Rand hoër is as in die lande waarheen ons in- en
uitvoer, dan is die invoerders en uitvoerders geneig om hulle
korrtermynkredietbalanse in rand eerder as in dollar te hou. En as daar geld
geleen moet word, dan leen hulle dit weer eerder in dollar as in rand. Hulle
het gewoonlik die keuse oor waar hulle krediet- en debietbalanse gaan wees.

So word dan daar vraag vir rand geskep en dit steun die wisselkoers, otgher
things equal.. Sodra daar natturlik 'n vrees vir devaluasie of politieke
onstabiliteit kom, dan hardloop dit bo-oor hierdie vraagskepping en gaan die
wisselkoers in sy peetjie. Maar die reële (hoër as inflasie) rentekoerse
speel wel 'n rol.

Ek sou dit nie as suiwer kunsmatig beskryf nie, ekonome is redelik
eensgesind dat die rand ondergewaardeer is. Daar is dus meriete daarin om
die rand te ondersteun, veral as die ondersteuning ook inflasie teenwerk.
Maar al die goed werk net as jy 'n redelik stabiele (politieke) opset het,
soos tans.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b25d257.0@news1.mweb.co.za...

G: Ek sien wel dat, om die Rand kunsmatig hoog te hou, jy miskien
die rentekoerse hoog moet hou. Maar ek weet ook darem nie.

W: Ja, jy is reg om te wonder. Baie doen dit. Maar hoë rentekoerse demp wel
vraag en dit neem een van die inflasionêre drukpunte weg. Op sy eie kan dit
nie inflasie keer nie.
Vorige onderwerp: Ekonomiese mag in swart hande
Volgende onderwerp: Goudprys (was Ekonomiese . . Hondswaai)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 12:45:55 MGT 2024