Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrymesselary
Vrymesselary [boodskap #41882] Vr, 11 Mei 2001 08:03 na volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
In aansluiting hierby, terwyl ons besig is met geheime organisasies, sal ek
graag wil weet of daar iemand is wat enigiets weet van Vrymesselary.
Re: Vrymesselary [boodskap #41896 is 'n antwoord op boodskap #41882] Vr, 11 Mei 2001 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 10:03:38 +0200, "Johan D. Strydom"
wrote:

> In aansluiting hierby, terwyl ons besig is met geheime organisasies, sal ek
> graag wil weet of daar iemand is wat enigiets weet van Vrymesselary.
>

Ek is deur drie verskillende losies genader om lid te word, Johan.
Dit was werklik toevallig want nie een van die losies het geweet dat
ek deur die nader ook genader is nie.
Somtyds is ek impulsief maar nie wanneer dit by sò 'n besluit kom nie.

Ek het met hulle gesels en gekyk wat hulle doen. En ek het dinge
gesien wat met my beginsels gebots het vir almal laat sê het, "dankie
maar nee dankie."
Voorbeelde:
hoe assosieer jy jou daarmee wanneer jy geblinddoek word en gevra
word wat jy graag wil hê en jy is vooraf gesê dat jy 'lig' wil hê en
dàn sal die blinddoek verwyder word?
Slegs God kan LIG verskaf vriend.

Wanneer die meester by 'n stoel sit met simboliek wat 'n son agter sy
stoel weergee?

En by 'n spesifike gratifikasie bo-oor 'n doodskis moet treë?
Wat probeer die mense simboliseer?
Onthou dat slegs God jou bo-oor die graf kan laat treë.

Indien jy dieselfde waardes as ek huldig Johan, is dit nie die
beweging vir jou nie.

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41900 is 'n antwoord op boodskap #41896] Vr, 11 Mei 2001 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir die inligting. Ek is nie genader om lid te word nie, maar die
beweging fassineer my - in die sin dat dit 'n geheime organisasie is, en
omdat daar nie baie literatuur daaroor beskikbaar is nie. Ek het al tot op
hede intens navorsing gedoen oor die onderwerp, en is verras deur sekere van
die bevindings.

Davie Davis skryf in boodskap news:0jknft89bggq7fqkv5cqthr1t4jrqasido@4ax.com...
> On Fri, 11 May 2001 10:03:38 +0200, "Johan D. Strydom"
> wrote:
>
>> In aansluiting hierby, terwyl ons besig is met geheime organisasies, sal ek
>> graag wil weet of daar iemand is wat enigiets weet van Vrymesselary.
>>
>
> Ek is deur drie verskillende losies genader om lid te word, Johan.
> Dit was werklik toevallig want nie een van die losies het geweet dat
> ek deur die nader ook genader is nie.
> Somtyds is ek impulsief maar nie wanneer dit by sê 'n besluit kom nie.
>
> Ek het met hulle gesels en gekyk wat hulle doen. En ek het dinge
> gesien wat met my beginsels gebots het vir almal laat sê het, "dankie
> maar nee dankie."
> Voorbeelde:
> hoe assosieer jy jou daarmee wanneer jy geblinddoek word en gevra
> word wat jy graag wil hê en jy is vooraf gesê dat jy 'lig' wil hê en
> d�n sal die blinddoek verwyder word?
> Slegs God kan LIG verskaf vriend.
>
> Wanneer die meester by 'n stoel sit met simboliek wat 'n son agter sy
> stoel weergee?
>
> En by 'n spesifike gratifikasie bo-oor 'n doodskis moet tre�?
> Wat probeer die mense simboliseer?
> Onthou dat slegs God jou bo-oor die graf kan laat tre�.
>
> Indien jy dieselfde waardes as ek huldig Johan, is dit nie die
> beweging vir jou nie.
>
> DD
>
Re: Vrymesselary [boodskap #41902 is 'n antwoord op boodskap #41900] Vr, 11 Mei 2001 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dit is verder interessant dat jy vermeld dat jy deur drie losies genader is
om lid te word. Volgens bronne nader die Vrymesselaars per se nie 'n
individu om lid te word nie, met ander woorde hulle werf nie lede nie, maar
die ledetal word slegs vergroot deur mense (mans) wat navraag doen en vra om
tot 'n losie toegelaat te word...
Re: Vrymesselary [boodskap #41911 is 'n antwoord op boodskap #41902] Vr, 11 Mei 2001 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Johan

Jy kan alles oor die Vrymesselary lees in die boek
"Die Geheime en Gevare van Vrymesselary" deur Ds. F. N. van Niekerk

Harry

Johan D. Strydom wrote in message ...
> Dit is verder interessant dat jy vermeld dat jy deur drie losies genader is
> om lid te word. Volgens bronne nader die Vrymesselaars per se nie 'n
> individu om lid te word nie, met ander woorde hulle werf nie lede nie, maar
> die ledetal word slegs vergroot deur mense (mans) wat navraag doen en vra om
> tot 'n losie toegelaat te word...
>
Re: Vrymesselary [boodskap #41913 is 'n antwoord op boodskap #41902] Vr, 11 Mei 2001 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 May 2001 17:42:16 +0200, "Johan D. Strydom"
wrote:

> Dit is verder interessant dat jy vermeld dat jy deur drie losies genader is
> om lid te word. Volgens bronne nader die Vrymesselaars per se nie 'n
> individu om lid te word nie, met ander woorde hulle werf nie lede nie, maar
> die ledetal word slegs vergroot deur mense (mans) wat navraag doen en vra om
> tot 'n losie toegelaat te word...
>

Ek woon in 'n messelaarsdorp Johan. Hoe het dit gekom dat ek genader
is? Ek is 'n sakeman met heelwat vriende onder my kliënte - en 'n hele
paar van hulle is messelaars. Dit is nie vreemd wanneer een van hulle
'n vriend of kennis vir wie hy respek het uitnooi nie. Dit is wel
komies wanneer jy heel toevallig iemand met die messelaarswyse groet
en hy vra hoe jy geweet het dat hy 'n vrymesselaar is, terwyl hy 'n
yslike ring met messelaarsteken aan sy vinger dra.

Johan, die messelaars is eintlik 'n goeie beweging en ek het niks teen
die mense opsigself nie. Wat ek wel 'n probleem mee het, is dinge wat
die onkundiges (of sal ek dit noem, mense vir wie dit nie werklik 'n
faktor is nie - of mense wat nie dieper kyk as die bolangse
snaaksighede nie) aan meedoen. Dinge soos ek reeds vir jou genoem het.

Wat Johan, is dit anders wanneer ek jou met die hand groet, as
simboliek? Dat ek een voel met jou? Dat ek bereid is om saam met jou
te staan, is dit nie? Dat ek met jou saamstem, is dit nie? Net so, is
die ander dinge wat afgemaak is teenoor my as 'maar dis net simboliek"
dinge wat ek beslis nie aan sal meedoen nie. Juis om daardie rede doen
ek nie outomaties mee aan simbolisering nie.

Daar is 'n bewering Johan, wat ek nie kan bevestig nie let wel, dat
die Illimunati die ses hoogste vlakke by die messelaars beklee. Ek
herhaal weer, dat dit 'n bewering is wat kom uit 'n bron wat beweer
dat dit die waarheid is - 'n bron wat net miskien tòg weet - maar
bevestiging hiervan kan ek nie gee nie. Maar net soos Gloudina staan
die messelaars 'n eenvormige godsdiens wêreldwyd voor want dit is goed
dat jy jou kerk besoek, maar dit maak nie saak watter geloof nie.

Kom ons gee toe, dat Pick & Pay en Checkers en die kafee hier op die
hoek ook lede van alle gelowe ondersteun - en valse leringe nie
noodwendig aanhelp nie, maar dit is tog heel anders.

Dit is die storie, Johan

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41939 is 'n antwoord op boodskap #41900] Sa, 12 Mei 2001 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Johan,
Ek dink jy verwar 'n geheime orgaorganisasie met 'n organisasie met geheime.
Daar is seker meer geskryf oor vrymeselaars (en gepubliseerd) as oor die
bybel (goed en sleg). Gaan na enige goeie biblioteek en lees ten minste 100
goeie dokumente daaroor. Of, kry vir jou die video (so 20 jaar gelede was
die gewys in Engeland oor TV) en kyk na wat hulle doen. Of nog beter - gaan
na enige van die meer as 1000 vrymeselaars naslaan biblioteke en museums oor
die wereld en doen meer navorsing (jy kan maar enige naslaan biblioteek
nader en vra waar die naaste vrymeselaars naslaan biblioteek is). Jy mag
verbaas wees dat Old Mutual heel moontlik 'n organisasie met meer geheime
is, as vrymeselary.

Ernest

"Johan D. Strydom" skryf in boodskap news:9dgn79$506$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is nie genader om lid te word nie, maar die
> beweging fassineer my - in die sin dat dit 'n geheime organisasie is, en
> omdat daar nie baie literatuur daaroor beskikbaar is nie. Ek het al tot op
> hede intens navorsing gedoen oor die onderwerp, en is verras deur sekere van
> die bevindings.
Re: Vrymesselary [boodskap #41941 is 'n antwoord op boodskap #41913] Sa, 12 Mei 2001 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:ncfoft8f2a3cmmkssb7mpilv1b5t2tm5nj@4ax.com...
> On Fri, 11 May 2001 17:42:16 +0200, "Johan D. Strydom"
> wrote:
> Wat Johan, is dit anders wanneer ek jou met die hand groet, as
> simboliek?

Die standaard metode van vandag se groet gaan eintlik deur die regterhand
uit te steek en mekaar 'n "handdruk" te gee. Dit is oorgeneem van die tyd
toe mense nog "swaard moes dra". Deur die hand dan uit te steek wys jy ten
eerste dat jy geen wapens het nie 2) dat jy nie wapens verskuil het nie
(want jou hempsmoue skuif op en sal dan die versteekte wapens uitwys) 3)
Deur sonder wapens te kom, kom jy dan in vrede. Dit is vandag meer simboliek
as nodig maar:

Ons het al "geleer" om 'n handruk te "lees". 'n Pap handruk beteken een ding
en 'n ander weer as iemand jou vingers pap druk. Maar so het die mense ook
geleer dat as jy op die wang gesoen word is jy binnekort dood (vra maar die
Mafia ;)

Simboliek kom nie net by vrymeselaars voor nie. Deur byvoorbeeld sekere
sonbrille te dra of motor te ry word simboliek beoefen.

Ernest
Re: Vrymesselary [boodskap #41943 is 'n antwoord op boodskap #41882] Sa, 12 Mei 2001 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir almal se response tot dusver. Ek het gedink dat niemand sou
antwoord nie. In elke geval, die inligting wat julle sover vir my deurgegee
het is baie insiggewend. Dankie oor vir die voorstel van die boek Daniel
asook die webtuiste se adres. Hoop om nog interessante dinge van julle te
hoor...
Re: Vrymesselary [boodskap #41945 is 'n antwoord op boodskap #41896] Sa, 12 Mei 2001 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
donot  is tans af-lyn  donot
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 11 May 2001 14:00:31 +0200, Davie Davis wrote:

ek het dinge
> gesien wat met my beginsels gebots het

Wat is jou beginsels Dave?
Re: Vrymesselary [boodskap #41947 is 'n antwoord op boodskap #41939] Sa, 12 Mei 2001 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 15:30:18 +0200, "Ernest" wrote:

> Johan,
> Jy mag
> verbaas wees dat Old Mutual heel moontlik 'n organisasie met meer geheime
> is, as vrymeselary.
>
> Ernest
>

huh?!

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41964 is 'n antwoord op boodskap #41902] Sa, 12 Mei 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Johan D. Strydom" wrote in message
--------knip-----------
: die ledetal word slegs vergroot deur mense (mans) wat navraag
doen en vra om
: tot 'n losie toegelaat te word...
--
korrek Johan
Nadat jy hulle eerste gekontak het en hulle deeglik jou 'ins and
outs' ondersoek het, nooi hulle jou vir 'n onderhoud een aand by
die losie. Die 'standing comitee' sit dan en vra jou so paar
vrae, onder andere die eerste twee is:
eerste vraag: Glo jy in God?
en tweede vraag: waarom wil jy aansluit?
Nou hoe antwoord jy so 'n vraag as jy niks van hulle weet nie.
-=-
Re: Vrymesselary [boodskap #41969 is 'n antwoord op boodskap #41964] Sa, 12 Mei 2001 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 23:27:45 +0200, "Tobie" wrote:

> korrek Johan
> Nadat jy hulle eerste gekontak het...

Nee Tobie, jy's verkeerd. Ek wat woon soos reeds gesê in 'n
messelaarsdorp, is drie keer genooi terwyl ek geen belangstelling het
om lid te word nie. Dit het my egter nader ondersoek laat instel (die
eerste keer al - en die feit dat jy nooit kan bedank nie maar slegs 'n
'dooie lid' kan word ((hoe sê Danielle- Eitsh!!!)) , het my ook
afgesit.).

Feite: Die eerste persoon wat my genooi het is 'n persoonlike vriend
met wie ek enkele jare agt ure per dag saam gewerk het. Die tweede een
was ook een van ons groep en lid van 'n ander losie.
Die derde uitnodiging was vanaf 'n kliënt - 'n kliënt wat se vrou hom
geskei het en in sy woede het hy uitgevaar en vertel hoe hy met die
bokryers se hulp haar uit die dorp gaan kry. Sy (ook 'n kliënt van my)
is steeds hier en dit gaan beter en beter met haar.

Die messelaars is geen verhewe mense nie Tobie, en soos almal van ons
etiese kodes verbreek doen hulle dit ook maar. (Menende uitnodigings
aan buitestaanders)

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41970 is 'n antwoord op boodskap #41969] Sa, 12 Mei 2001 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek vind al hierdie "geheime" organisasies n bietjie skeef. Hoekom mag
ander
mense nie weet van hulle goeie dade nie?
Hier by ons is die Shriners en hulle dra Moslem keffies op hulle koppe,
kompleet met tossels. En dan is daar die Elk Lodge, die Brothers of
Eternity, en Sons
of the Wars (OK, ek het die laaste twee opgemaak, maar dit klink of daar
so iets sou kon wees :-))

Die vader weet wat hulle doen agter geslote deure. Dan het jy nog
n handvol ander sulke groepe, meesal net vir mans, meesal uiters
geheimsinnig. En dit is nie eens te praat van al die universiteits
fraternities
met hulle geheime handskudde nie. Soos die old boys' club destyds, toe die
mans in smoking jackets gesit en, met n stewige glas port, n rooi smoking
jacket,
en die butler wat ewig rondhang om hulle elke wens te volbring. :-)

Wat is losie in Engels, is dit iets soos takke (branches?)

Poppie

Davie Davis skryf in boodskap news:a1crftg2m729s5tppl5i2csm1kjlg8j349@4ax.com...
> On Sat, 12 May 2001 23:27:45 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> korrek Johan
>> Nadat jy hulle eerste gekontak het...
>
> Nee Tobie, jy's verkeerd. Ek wat woon soos reeds gesê in 'n
> messelaarsdorp, is drie keer genooi terwyl ek geen belangstelling het
> om lid te word nie. Dit het my egter nader ondersoek laat instel (die
> eerste keer al - en die feit dat jy nooit kan bedank nie maar slegs 'n
> 'dooie lid' kan word ((hoe sê Danielle- Eitsh!!!)) , het my ook
> afgesit.).
>
> Feite: Die eerste persoon wat my genooi het is 'n persoonlike vriend
> met wie ek enkele jare agt ure per dag saam gewerk het. Die tweede een
> was ook een van ons groep en lid van 'n ander losie.
> Die derde uitnodiging was vanaf 'n kliënt - 'n kliënt wat se vrou hom
> geskei het en in sy woede het hy uitgevaar en vertel hoe hy met die
> bokryers se hulp haar uit die dorp gaan kry. Sy (ook 'n kliënt van my)
> is steeds hier en dit gaan beter en beter met haar.
>
> Die messelaars is geen verhewe mense nie Tobie, en soos almal van ons
> etiese kodes verbreek doen hulle dit ook maar. (Menende uitnodigings
> aan buitestaanders)
>
> DD
>
Re: Vrymesselary [boodskap #41971 is 'n antwoord op boodskap #41970] Sa, 12 Mei 2001 22:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 May 2001 17:30:05 -0500, "poppie" wrote:

> Wat is losie in Engels, is dit iets soos takke (branches?)
>
> Poppie

Losie is in Engels 'n "lodge' en jou beskrywing is omtrent reg. Dit is
die bymekaarkomplek van 'n spesifieke groep. Hulle het mense soos
Johan Strydom se belangstelling geprikkel met die 'geheimhouding'
stories maar wanneer jy kyk na 'n groep soos die oudstryders (of
oorlog veterane ((baie vriendeliker as Rhodesië s'n natuurlik)) ) die
'Moths' het jy weer 'n groep wat byeenkomste hou en kyk wat hulle vir
mekaar kan doen.

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41974 is 'n antwoord op boodskap #41964] So, 13 Mei 2001 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
DD jy sal merk het nie gesê dat jy verkeerd is met wat jy gesê
het nie. Die korrekte manier is dat jy die eerste stap moet doen
met aansoek om lidmaatskap. Ek weet waarvan ek praat, ek WAS 'n
vrymesselaar, en ek het op die staande komitee gedien. As jy wil,
sal ek jou privaat kontak en my redes gee hoekom ek die mense
verlaat het.
--
Re: Vrymesselary [boodskap #41978 is 'n antwoord op boodskap #41947] So, 13 Mei 2001 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
So, Jy verstaan ook nie die verskil tussen 'n geheime organisasie en en 'n
organisasie met geheime nie?

'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.

'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld vrymesselary
en meeste korporatiewe maatskappye.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:pnmqft8ig0ktq0n9rvhdhog041go8tejuo@4ax.com...
> On Sat, 12 May 2001 15:30:18 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
>> Johan,
>> Jy mag
>> verbaas wees dat Old Mutual heel moontlik 'n organisasie met meer geheime
>> is, as vrymeselary.
>>
>> Ernest
>>
>
> huh?!
>
> DD
Re: Vrymesselary [boodskap #41979 is 'n antwoord op boodskap #41978] So, 13 Mei 2001 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest" wrote:

o, Jy verstaan ook nie die verskil tussen 'n geheime organisasie en
en 'n
> organisasie met geheime nie?
>
> 'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.
>
> 'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
> sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld vrymesselary
> en meeste korporatiewe maatskappye.

Enige organisasie of vennootskap het geheime. Dis normaal. Elke
huwelik het sy geheime.

Die verskil is die LEDELYSTE.
As die lede geheim is, is daar reuse gapings vir manipulasie. Tien
mense vergader. Vier behoort aan 'n organisasie wat nie sy ledelyste
bekend maak nie. Hulle het die vorige aand in die geheim vergader en
'n strategie uitwerk. Hulle behoort aan verskillende losse assosiasies
teenwoordig op die vergadering.
Die assosiasies is bekend. Nie die vier se geheime assosiasie nie.
Voltooi self die prentjie.

Is die Vry Messelaars se lede bekend?

Weet mense in die gemeenskap wie messelaars is en wie nie?
Weet mense op 'n vergadering wie van hulle messelaars of broeders is?

Indien die ledelyste geheim is, is dit 'n geheime organisasie en is
die organisasie heel waarskynlik daarop ingestel om dinge in sy eie
guns te manipuleer.

Die "power tool" is die ledelys. Hy is kragtig solank hy geheim gehou
word.
Die Broederbond hou sy ledelys met 'n passie geheim.
Doen die Vrye Messelaars dieselfde?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: Vrymesselary [boodskap #41988 is 'n antwoord op boodskap #41978] So, 13 Mei 2001 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest" wrote:

> So, Jy verstaan ook nie die verskil tussen 'n geheime organisasie en en 'n
> organisasie met geheime nie?
>>>
>>> Ernest
>>>

>> huh?!

>> DD
>

Nee jy's stadig Ernest. My huh was nie oor die baie duidelike
skeidslyn wat jy gemaak het tussen 'n geheime organisasie en 'n
organisasie met geheime nie - dis tog duidelik gestel vir enige
Afrikaanssprekende - my huh was oor jou Ou Mutual storie.

As jy sulke dom foute maak soos hier sal jy (miskien heel foutiewelik)
as op die selfde inteligensievlak as Gloudina gesien word.

DD
Re: Vrymesselary [boodskap #42015 is 'n antwoord op boodskap #41979] Ma, 14 Mei 2001 04:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou nie daarvan om ander se navorsing vir hulle te doen nie. Maar, net
omdat jy ons so baie inligting gegee het oor die Broederbond gaan ek toe op
die Internet en die eerse plek wat ek kry (onder die opskrif "Guild
Membership Roster ") kry ek toe 'n ledelys. Sy dit beteken dat die ledelys
dan beskikbaar is? Doen maar self verder navorsing. Begin maar by
http://www.chaumont.com/membersx.html

Ernest

"Ferdi " skryf in boodskap news:3b055ae4.3068971@news.icon.co.za...
> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
>
> Is die Vry Messelaars se lede bekend?
Re: Vrymesselary [boodskap #42017 is 'n antwoord op boodskap #41988] Ma, 14 Mei 2001 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is maar die geluk van demokrasie. Jy kan dink wat jy wil. Jy kan sê wat
jy wil. Solank jy verantwoordlikheid neem daarvoor. Asosieer my met wie jy
wil. Maar, as jy dink Old Mutual het geen geheime nie dink weer oor hoekom
daar 'n wet moet wees oor "insider trading"?

Ernest

"Davie Davis" skryf in boodskap news:q1htftg9q30tkn7med4eftv4aj6r866ul6@4ax.com...
> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
>> So, Jy verstaan ook nie die verskil tussen 'n geheime organisasie en en 'n
>> organisasie met geheime nie?
>>>>
>>>> Ernest
>>>>
>
>>> huh?!
>
>>> DD
>>
>
> Nee jy's stadig Ernest. My huh was nie oor die baie duidelike
> skeidslyn wat jy gemaak het tussen 'n geheime organisasie en 'n
> organisasie met geheime nie - dis tog duidelik gestel vir enige
> Afrikaanssprekende - my huh was oor jou Ou Mutual storie.
>
> As jy sulke dom foute maak soos hier sal jy (miskien heel foutiewelik)
> as op die selfde inteligensievlak as Gloudina gesien word.
>
> DD
>
Re: Vrymesselary [boodskap #42022 is 'n antwoord op boodskap #41979] Ma, 14 Mei 2001 07:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek is bly die onderwerp het soveel belangstelling, as ek dit so mag noem,
ontketen. Ek dink tog dit is belangrik dat ons oor hierdie dinge praat.
Iets wat ek die ander aand raak gelees het was die verskil tussen die
Broederbond en die Vrymesselaars. Die Broederbond is 'n groep wat jy WEET
wat hulle doen, terwyl jy nie weet wie hulle is nie, terwyl jy weet wie 'n
Vrymesselaar is al dan nie, maar nie weet wat hulle doen nie. Volgens my
navorsing is dit (skynbaar) geen geheim wie 'n vrymesselaar is nie. Of
hulle egter so daaroor voel, en daarvolgens optree, is 'n ander saak.

Ferdi skryf in boodskap news:3b055ae4.3068971@news.icon.co.za...
> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
> wrote:
>
> > organisasie met geheime nie?
>>
>> 'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.
>>
>> 'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
>> sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld vrymesselary
>> en meeste korporatiewe maatskappye.
>
> Enige organisasie of vennootskap het geheime. Dis normaal. Elke
> huwelik het sy geheime.
>
> Die verskil is die LEDELYSTE.
> As die lede geheim is, is daar reuse gapings vir manipulasie. Tien
> mense vergader. Vier behoort aan 'n organisasie wat nie sy ledelyste
> bekend maak nie. Hulle het die vorige aand in die geheim vergader en
> 'n strategie uitwerk. Hulle behoort aan verskillende losse assosiasies
> teenwoordig op die vergadering.
> Die assosiasies is bekend. Nie die vier se geheime assosiasie nie.
> Voltooi self die prentjie.
>
> Is die Vry Messelaars se lede bekend?
>
> Weet mense in die gemeenskap wie messelaars is en wie nie?
> Weet mense op 'n vergadering wie van hulle messelaars of broeders is?
>
> Indien die ledelyste geheim is, is dit 'n geheime organisasie en is
> die organisasie heel waarskynlik daarop ingestel om dinge in sy eie
> guns te manipuleer.
>
> Die "power tool" is die ledelys. Hy is kragtig solank hy geheim gehou
> word.
> Die Broederbond hou sy ledelys met 'n passie geheim.
> Doen die Vrye Messelaars dieselfde?
>
>
>
> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: Vrymesselary [boodskap #42023 is 'n antwoord op boodskap #41974] Ma, 14 Mei 2001 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan D. Strydom  is tans af-lyn  Johan D. Strydom
Boodskappe: 21
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Junior Lid
Tobie, ek sal dit waardeer indien jy my kan kontak. Soos jy seker teen
hierdie tyd kon aflei, is ek besig met intensiewe navorsing oor die
onderwerp. Ek sal dit regtig waardeer.

jd...@yahoo.com

Tobie skryf in boodskap news:9dl9kb$a7f$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> DD jy sal merk het nie gesê dat jy verkeerd is met wat jy gesê
> het nie. Die korrekte manier is dat jy die eerste stap moet doen
> met aansoek om lidmaatskap. Ek weet waarvan ek praat, ek WAS 'n
> vrymesselaar, en ek het op die staande komitee gedien. As jy wil,
> sal ek jou privaat kontak en my redes gee hoekom ek die mense
> verlaat het.
> --
>
Re: Geheime organisasies [boodskap #42024 is 'n antwoord op boodskap #41988] Ma, 14 Mei 2001 08:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Snaaks dat Vrymeselary beskryf word as 'n geheime organisasie.

Ek het vinnig 'n vergelyking getrek (vervang maar die woord 'Old Mutual' met
enige publieke of privaat organisasie [selfs NGO]. Dink selfs aan die
parlement en lees dit so):
1) Dit is alom bekend dat 'n organisasie wat nie hulle ledetal bekend wil
maak nie beskou word as 'n geheime organisasie. Dit blyk dat Vrymeselary dit
doen maar probeer net die naam en adres van personeellid van Old Mutual uit
hulle kry. Dit mag alleen gedoen word as jy kan bewys dat jy 'n familid is
of, lid is van die regsmag en 'n lasbrief het.
2) Geheime organisies gee nooit hulle doelstellings uit nie. Vrymesselary
gee altyd eerste hulle doelstellings uit en tot nou toe het Old Mutual nooit
uitgelaat waarom hulle Nedbank probeer oortuig het om Standardbank uit te
koop nie.
3) Vrymeselaars het 'n geheime handdruk maar 'n lyslid hier verkondig dat as
'n nie lid gebruik hy dit gereeld teen vrymeselaars (hoe geheim is dit dan).
Old Mutual weier my sumier toegang tot hulle binneruim tensy ek hulle
geheime hand ken (ook bekend as 'n toegangskaard).
4) Baie losies laat selfs die publiek in 'n losie in sonder handdruk en bied
aan dat hy/sy vrae vra. Old Mutual laat niemand toe tensy hulle vooraf weet
wat jy daar wil doen nie en jy moet dit net waag om 'n vraag te vra. Jy word
sommer sumier aangekla as 'n spioen.
5) Vrymesselary vra jou om eed af te lê en om sekere inligting nie bekend te
maak nie. Met Old Mutual onderteken jy 'n eed as deel van jou werkskontrak
sonder dat jy toestemming daartoe gee (in Engels word dit genoem
'Non-disclosure agreement') anders mag jy nie daar ingaan en werk nie.
6) In Vrymeselary word dit aanvaar dat alle gelowe toegelaat word maar en
werklikheid word drie vrae gevra ten opsigte van godsdiens. Jy moet ja
daarop antwoord anders word jy nie toegelaat nie. Vrae: 1) Glo jy in 'n God
(let die 'n dit beteken enkel) 2) Glo jy in die hiernamaals (ewige lewe) 3)
Glo jy dat God die skepper en in beheer van van alles op aarde en die
hemelruim is. In baie losies word die vraag 1 en 3 gekombineer of
gesegoreer.
By Old Mutual laat hulle alle gelowe toe. Al is jy 'n Godslasteraar. En, is
die Bybel nie duidelik dat jy mense en organisasies wat Godlastering toelaat
moet vermy nie? Die Bybel is ook duidelik dat jy die goeie moet behou en die
slegte moet verwerp. So behou jy dan Old Mutual vir toelating van
Godslastering en verwerp jy Frymeselary omdat hy die Godlike onderhou?
7) Enge onderwerp in Vrymeselary word bespreek en gepubliseer (sonder 'n
offisiele spreekbuis - dink maar aan die nuusgroep). Old Mutual laat net sy
Jaarverslag en prospektus publiseer. Selfs as die Maatskappy deur die pers
uitmekaar getrek word moet hulle maar baie lugtig loop dat hulle nie geheime
uitlap nie of die 'spreekbuis' miskwoteer nie.

Dit is net 'n paar. En, dan word Vrymesselary as 'n Geheime Organisasie
bestempel en Old Mutual 'n publieke. Hoe ironies.

Ernest
Re: Vrymesselary [boodskap #42055 is 'n antwoord op boodskap #42022] Ma, 14 Mei 2001 22:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n geheime organisasie nie. Dit staan
enige lid vry om te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is en alle
dokumentasie oor die aard en missie van die AB is, sover my wete strek, tot
beskikking van enige persoon wat daarin belangstel.
Hulle tree ook openlik as AB in die openbaar in gesprek met talle
organisasies en persone o.a. met mnr Nelson Mandela ( toe hy president was )
en pres Thabo MBeki.

Harry

Johan D. Strydom wrote in message ...
> Ek is bly die onderwerp het soveel belangstelling, as ek dit so mag noem,
> ontketen. Ek dink tog dit is belangrik dat ons oor hierdie dinge praat.
> Iets wat ek die ander aand raak gelees het was die verskil tussen die
> Broederbond en die Vrymesselaars. Die Broederbond is 'n groep wat jy WEET
> wat hulle doen, terwyl jy nie weet wie hulle is nie, terwyl jy weet wie 'n
> Vrymesselaar is al dan nie, maar nie weet wat hulle doen nie. Volgens my
> navorsing is dit (skynbaar) geen geheim wie 'n vrymesselaar is nie. Of
> hulle egter so daaroor voel, en daarvolgens optree, is 'n ander saak.
>
> Ferdi wrote in message
> news:3b055ae4.3068971@news.icon.co.za...
>> On Sun, 13 May 2001 11:26:31 +0200, "Ernest"
>> wrote:

>> >> organisasie met geheime nie?
>>>
>>> 'n Geheime organisasie - niemand weet daarvan nie.
>>>
>>> 'n Organisasie met geheime - almal weet daarvan en daaroor maar, daar is
>>> sekere inligting wat nie alom bekend is nie. Soos byvoorbeeld
> vrymesselary
>>> en meeste korporatiewe maatskappye.

>> Enige organisasie of vennootskap het geheime. Dis normaal. Elke
>> huwelik het sy geheime.

>> Die verskil is die LEDELYSTE.
>> As die lede geheim is, is daar reuse gapings vir manipulasie. Tien
>> mense vergader. Vier behoort aan 'n organisasie wat nie sy ledelyste
>> bekend maak nie. Hulle het die vorige aand in die geheim vergader en
>> 'n strategie uitwerk. Hulle behoort aan verskillende losse assosiasies
>> teenwoordig op die vergadering.
>> Die assosiasies is bekend. Nie die vier se geheime assosiasie nie.
>> Voltooi self die prentjie.

>> Is die Vry Messelaars se lede bekend?

>> Weet mense in die gemeenskap wie messelaars is en wie nie?
>> Weet mense op 'n vergadering wie van hulle messelaars of broeders is?

>> Indien die ledelyste geheim is, is dit 'n geheime organisasie en is
>> die organisasie heel waarskynlik daarop ingestel om dinge in sy eie
>> guns te manipuleer.

>> Die "power tool" is die ledelys. Hy is kragtig solank hy geheim gehou
>> word.
>> Die Broederbond hou sy ledelys met 'n passie geheim.
>> Doen die Vrye Messelaars dieselfde?



>> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
>
Re: Vrymesselary [boodskap #42080 is 'n antwoord op boodskap #42055] Di, 15 Mei 2001 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 May 2001 00:32:07 +0200, "HW Gird" wrote:

> Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n geheime organisasie nie. Dit staan
> enige lid vry om te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is

Dit is anders as om te weet wie lede is. Die wat dit geheim wil hou
doen dit steeds.
Met ander woorde, as die vergadering begin, vra jy "wie van julle is
lede van die AB?" .
Niemand antwoord nie. Intussen is daar so vier lede - en met 'n
agenda.

en alle
> dokumentasie oor die aard en missie van die AB is, sover my wete strek, tot
> beskikking van enige persoon wat daarin belangstel.

Ek praat van ledelyste.

> Hulle tree ook openlik as AB in die openbaar in gesprek met talle
> organisasies en persone o.a. met mnr Nelson Mandela ( toe hy president was )
> en pres Thabo MBeki.

So?

Wat maak dit hulle?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: Vrymesselary [boodskap #42081 is 'n antwoord op boodskap #42015] Di, 15 Mei 2001 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 May 2001 06:37:21 +0200, "Ernest" wrote:

> Ek hou nie daarvan om ander se navorsing vir hulle te doen nie. Maar, net
> omdat jy ons so baie inligting gegee het oor die Broederbond gaan ek toe op
> die Internet en die eerse plek wat ek kry (onder die opskrif "Guild
> Membership Roster ") kry ek toe 'n ledelys. Sy dit beteken dat die ledelys
> dan beskikbaar is?

As hule lede nie geheim is nie, dan is hulle duidelik 'n ander soort
organisasie.
Ek meng nie juis met die Messelaars waar ek werk nie so hulle is nie
vir my so van belang nie. Sal dus nie die navorsing verder vat nie.
Ek kom meer uit 'n BB-tipe omgewing, my hele lewe lank, being wit
Afrikaans en plattelands ens.
Ek wou bloot die punt maak wat talle mense mis - dat GEHEIME LEDE die
"lever of power" is in enige sg. geheime organisasie.

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
AB (was Vrymesselary) [boodskap #42085 is 'n antwoord op boodskap #42080] Di, 15 Mei 2001 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> "HW Gird" Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n
>> geheime organisasie nie. Dit staan enige lid vry om
>> te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is

> Ferdi
> Dit is anders as om te weet wie lede is. Die wat dit geheim wil
> hou doen dit steeds. Met ander woorde, as die vergadering begin,
> vra jy "wie van julle is lede van die AB?" . Niemand antwoord nie.
> Intussen is daar so vier lede - en met 'n agenda.

Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van die ACVV
of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te woon nie.
Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al van die AB
se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit nie.

Daar kan seker "geheime" selle binne die AB opereer, ek sal nie weet nie.
Dalk binne die ACVV oen hierdie nuusgroep ook.
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42102 is 'n antwoord op boodskap #42085] Wo, 16 Mei 2001 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar dit was nie vroeër so nie!!!

"plaasvark" skryf in boodskap news:9drl6f$26m8$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>>> "HW Gird" Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n
>>> geheime organisasie nie. Dit staan enige lid vry om
>>> te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is
>
>> Ferdi
>> Dit is anders as om te weet wie lede is. Die wat dit geheim wil
>> hou doen dit steeds. Met ander woorde, as die vergadering begin,
>> vra jy "wie van julle is lede van die AB?" . Niemand antwoord nie.
>> Intussen is daar so vier lede - en met 'n agenda.
>
> Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van die ACVV
> of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te woon nie.
> Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al van die AB
> se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit nie.
>
> Daar kan seker "geheime" selle binne die AB opereer, ek sal nie weet nie.
> Dalk binne die ACVV oen hierdie nuusgroep ook.
>
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42110 is 'n antwoord op boodskap #42085] Wo, 16 Mei 2001 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom noem je jezelf plaasvark

Grt Emmy

plaasvark schreef in berichtnieuws
9dta6h$2bmg$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> "Thys de Wet"
>> Maar dit was nie vroeër so nie!!!
>
> Dit was nog altyd so, sedert die AB se ontstaan.
> Die Broederbond was anders en jy verwar die twee klaarblyklik
>
>
>>>> > "HW Gird" Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n
>>>> > geheime organisasie nie. Dit staan enige lid vry om
>>>> > te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is
>>>
>>>> Ferdi
>>>> Dit is anders as om te weet wie lede is. Die wat dit geheim wil
>>>> hou doen dit steeds. Met ander woorde, as die vergadering begin,
>>>> vra jy "wie van julle is lede van die AB?" . Niemand antwoord nie.
>>>> Intussen is daar so vier lede - en met 'n agenda.
>>>
>>> Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van
die
>> ACVV
>>> of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te
woon
>> nie.
>>> Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al van
> die
>> AB
>>> se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit nie.
>>>
>>> Daar kan seker "geheime" selle binne die AB opereer, ek sal nie weet
> nie.
>>> Dalk binne die ACVV oen hierdie nuusgroep ook.
>>>
>>
>
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42114 is 'n antwoord op boodskap #42085] Wo, 16 Mei 2001 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Maar waarom nie, ek dink dis 'n oulike naam en ek dra hom al lank?
> Plaas kan jy ook soos in Nederlands sien, 'n plek. Nie noodwendig 'n
> boerdery (farm) nie.

Plaas oke maar vark erachter??

>
> Waarom noem jy jouself emmy?

Wij zeggen een beestje moet een naam hebben ;-))
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42115 is 'n antwoord op boodskap #42102] Wo, 16 Mei 2001 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
> Maar dit was nie vroeër so nie!!!

Dit was nog altyd so, sedert die AB se ontstaan.
Die Broederbond was anders en jy verwar die twee klaarblyklik

>>>> "HW Gird" Die Afrikanerbond is lankal nie meer 'n
>>>> geheime organisasie nie. Dit staan enige lid vry om
>>>> te enige tyd aan enigiemand te se dat hy 'n lid is
>>
>>> Ferdi
>>> Dit is anders as om te weet wie lede is. Die wat dit geheim wil
>>> hou doen dit steeds. Met ander woorde, as die vergadering begin,
>>> vra jy "wie van julle is lede van die AB?" . Niemand antwoord nie.
>>> Intussen is daar so vier lede - en met 'n agenda.
>>
>> Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van die
> ACVV
>> of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te woon
> nie.
>> Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al van
die
> AB
>> se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit nie.
>>
>> Daar kan seker "geheime" selle binne die AB opereer, ek sal nie weet nie.
>> Dalk binne die ACVV oen hierdie nuusgroep ook.
>>
>
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42116 is 'n antwoord op boodskap #42110] Wo, 16 Mei 2001 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"emmy"
> Waarom noem je jezelf plaasvark

Maar waarom nie, ek dink dis 'n oulike naam en ek dra hom al lank?
Plaas kan jy ook soos in Nederlands sien, 'n plek. Nie noodwendig 'n
boerdery (farm) nie.

Waarom noem jy jouself emmy?
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42121 is 'n antwoord op boodskap #42085] Wo, 16 Mei 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 May 2001 18:21:43 +0200, "plaasvark"
wrote:

> Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van die ACVV
> of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te woon nie.
> Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al van die AB
> se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit nie.

So wie is jy en wie is nog lede in jou gebied?
Waar kan ek ledelyste kry?
Verwys my na 'n adres of 'n website of na iemand toe asb.

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42122 is 'n antwoord op boodskap #42121] Wo, 16 Mei 2001 14:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
>> pv : Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die van
die ACVV of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te
woon nie. Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al
van die AB se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit
nie

> Ferdi So wie is jy en wie is nog lede in jou gebied?
Waar kan ek ledelyste kry?
Verwys my na 'n adres of 'n website of na iemand toe asb.
E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za

pv
Anders as by die AB, is my gegewens wel geheim :-)
Ek het 'n goeie idee wie lede in my gebied is, want ek het hulle by van die
vergaderings gesien. Maar ek het nog nooit in hulle ledelys belanggestel
nie. Ook nie in dié van die ACVV en die VLV nie. Of enige van hierdie drie
organisasies wel hulle ledelyste bekendstel weet ek nie, maar ek twyfel.
Geen goeie organisasie stel sy lede onnodig aan junk mail of spam bloot nie.

Die Afrikanerbond het 'n webadres, wat jy maklik met enige soekenjin kan
kry. Ek het pas probeer en dis by :
http://www.icon.co.za/~abond/

Vra hulle gerus self.
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42140 is 'n antwoord op boodskap #42122] Do, 17 Mei 2001 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 May 2001 16:18:34 +0200, "plaasvark"
wrote:

> pv
> Anders as by die AB, is my gegewens wel geheim :-)
> Ek het 'n goeie idee wie lede in my gebied is, want ek het hulle by van die
> vergaderings gesien. Maar ek het nog nooit in hulle ledelys belanggestel
> nie. Ook nie in diè van die ACVV en die VLV nie. Of enige van hierdie drie
> organisasies wel hulle ledelyste bekendstel weet ek nie, maar ek twyfel.
> Geen goeie organisasie stel sy lede onnodig aan junk mail of spam bloot nie.
>
> Die Afrikanerbond het 'n webadres, wat jy maklik met enige soekenjin kan
> kry. Ek het pas probeer en dis by :
> http://www.icon.co.za/~abond/
>
> Vra hulle gerus self.

Ek weet van hulle website.
Maar kyk nou wat die kort wisseling vas poste opgelewer het - iemand
wat se die AB se ledelyste is nie geheim nie.....maar geen naam of
geen plek waar die lede se name gekry kan word nie!!

Ek was by die blad. Daar is GEEN aanduiding van ENIGE lede se name of
enige plek waar jy dit kan kry nie.

Ook nie 'n plek waar mens kan aansoek doen om lidmaatskap nie. Of waar
mens kan uitvind daaroor nie.

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Re: AB (was Vrymesselary) [boodskap #42144 is 'n antwoord op boodskap #42122] Do, 17 Mei 2001 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die VLV (Vroue Landbou Vereniging) is en was nog nooit 'n geheime
organisasie nie. Ek weet nie hoekom hulle en die ACVV oor dieselfde kam
geskeer word as bie AB en sy voorganger die BB nie.
VLV en ACVV vergaderings was nog altyd "oop".
Oor die AB: 'n Jakkals verander van haar maar nie van snaar!

Thys oppie Bos

"plaasvark" skryf in boodskap news:9du28r$2dm4$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>>> pv : Aikona Ferdi, die AB se ledelyste is net so min geheim soos die
van
> die ACVV of die VLV. Jy hoef nie 'n lid te wees om hulle vergaderings by te
> woon nie. Ek is nie 'n lid nie, was ook nie lid van die BB nie, maar het al
> van die AB se verrigtinge bygewoon. En daarna besluit om nie aan te sluit
> nie
>
>> Ferdi So wie is jy en wie is nog lede in jou gebied?
> Waar kan ek ledelyste kry?
> Verwys my na 'n adres of 'n website of na iemand toe asb.
> E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
>
> pv
> Anders as by die AB, is my gegewens wel geheim :-)
> Ek het 'n goeie idee wie lede in my gebied is, want ek het hulle by van die
> vergaderings gesien. Maar ek het nog nooit in hulle ledelys belanggestel
> nie. Ook nie in dié van die ACVV en die VLV nie. Of enige van hierdie drie
> organisasies wel hulle ledelyste bekendstel weet ek nie, maar ek twyfel.
> Geen goeie organisasie stel sy lede onnodig aan junk mail of spam bloot nie.
>
> Die Afrikanerbond het 'n webadres, wat jy maklik met enige soekenjin kan
> kry. Ek het pas probeer en dis by :
> http://www.icon.co.za/~abond/
>
> Vra hulle gerus self.
>
Re: AB [boodskap #42146 is 'n antwoord op boodskap #42144] Do, 17 Mei 2001 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thys de Wet
> Die VLV (Vroue Landbou Vereniging) is en was nog nooit 'n geheime
organisasie nie.

Die AB ook nie

> Ek weet nie hoekom hulle en die ACVV oor dieselfde kam geskeer word as
bie AB

Omdat hulle vergelykbaar is. Albei bedryf openlik hulle aktiwiteite vir 'n
sekere nis en probeer niks geheimhou nie

> VLV en ACVV vergaderings was nog altyd "oop".

Die AB se vergaderings ook

> Oor die AB: 'n Jakkals verander van haar maar nie van snaar!

Dit mag so wees, ek sal nie weet nie. Maar dis paranoïes om 'n groep van
geheimhouding te beskuldig as daar nie geheimhouding is nie
Re: Nog AB (tot vervelens toe) [boodskap #42147 is 'n antwoord op boodskap #42140] Do, 17 Mei 2001 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> > Ek het 'n goeie idee wie lede in my gebied is, want ek het hulle by van
die
>> vergaderings gesien. Maar ek het nog nooit in hulle ledelys belanggestel
>> nie. Ook nie in dié van die ACVV en die VLV nie. Of enige van hierdie drie
>> organisasies wel hulle ledelyste bekendstel weet ek nie, maar ek twyfel.
>> Geen goeie organisasie stel sy lede onnodig aan junk mail of spam bloot nie.
>> Die Afrikanerbond het 'n webadres, wat jy maklik met enige soekenjin kan
>> kry. Ek het pas probeer en dis by :
>> http://www.icon.co.za/~abond/
>> Vra hulle gerus self.

> Ferdi : Ek weet van hulle website.
> Maar kyk nou wat die kort wisseling vas poste opgelewer het - iemand
> wat se die AB se ledelyste is nie geheim nie.....maar geen naam of
> geen plek waar die lede se name gekry kan word nie!!
> Ek was by die blad. Daar is GEEN aanduiding van ENIGE lede se name of
> enige plek waar jy dit kan kry nie.

Dit geld tog presies net so vir die meeste organisasies se websites, hoekom
sal 'n organisasie nou 'n ellelange lang lys name op die Internet sit? Maak
dit al die ander vir wie dit geld se ledelyste ook geheim? Of beskerm hulle
dalk ook maar net hulle lede se teen gemorspos? En die wat glad nie websites
het nie, is hulle dalk kovert?

Ek was lank by 'n sake-organisasie betrokke en ons het konsekwent geweier om
lede-inligting bekend te maak. Maar dit was geen geheim nie, net gesonde
praktyk. En die lede het openlik by talle verrigtinge hulleself met die
organisasie geassosieer. Dit lyk vir my asof die AB ook so opereer. Maar vra
hulle liewers self, ek kan en gaan nie namens hulle op vrae wat na paranoia
lyk reageer nie.

> Ook nie 'n plek waar mens kan aansoek doen om lidmaatskap nie. Of waar
> mens kan uitvind daaroor nie.

Wat, is daar nie 'n epos-adres of telefoonnommer op hulle website waar jy
dit kan vasstel nie? Of is jy gemaklik met wat jy glo en wil jy nie met nuwe
inligting verwar word nie?
Re: Nog AB (tot vervelens toe) [boodskap #42190 is 'n antwoord op boodskap #42147] Vr, 18 Mei 2001 10:31 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 May 2001 17:02:25 +0200, "plaasvark" wrote:

Dit geld tog presies net so vir die meeste organisasies se websites,
hoekom
> sal 'n organisasie nou 'n ellelange lang lys name op die Internet sit? Maak
> dit al die ander vir wie dit geld se ledelyste ook geheim? Of beskerm hulle
> dalk ook maar net hulle lede se teen gemorspos? En die wat glad nie websites
> het nie, is hulle dalk kovert?
>
> Ek was lank by 'n sake-organisasie betrokke en ons het konsekwent geweier om
> lede-inligting bekend te maak.

...er.... is die AB nie 'n Afrikaanse kultuur-organisasie nie....?

Maar dit was geen geheim nie, net gesonde
> praktyk. En die lede het openlik by talle verrigtinge hulleself met die
> organisasie geassosieer. Dit lyk vir my asof die AB ook so opereer. Maar vra
> hulle liewers self, ek kan en gaan nie namens hulle op vrae wat na paranoia
> lyk reageer nie.
>
>> Ook nie 'n plek waar mens kan aansoek doen om lidmaatskap nie. Of waar
>> mens kan uitvind daaroor nie.
>
> Wat, is daar nie 'n epos-adres of telefoonnommer op hulle website waar jy
> dit kan vasstel nie?

Nee.

Of is jy gemaklik met wat jy glo en wil jy nie met nuwe
> inligting verwar word nie?

Hoekom gee jy my nie 'n telefoon-nommer wat ek kan bel nie?

E-MAIL: ferdinand AT icon DOT co DOT za
Vorige onderwerp: Geskiedenis van Boedisme
Volgende onderwerp: Plaasvark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:34:00 MGT 2024