Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig
Gedig [boodskap #41193] So, 22 April 2001 17:41
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
By Gezelle se graf in Brugge
------------------------------
Christiaan M van den Heever


'n Tere herfslug bewe deur die bome,
wat geel soos koper teen die bloute skyn
bo Middeleeuse Brugge, waar die drome
van heengegane skoonheid nooit verdwyn.

'n Holle wielgerol klink oor die straat,
dan is dit stil hier by die marmersteen,
wat glansend in die aandson rykdom laat
oor kille stene, eensaam rondom heen.

Hier rus die grote Digter na sy stryd,
na al die droefheid van sy skugter hart,
verneder en verwaarloos deur sy tyd,
en nou veréwig deur sy digtersmart.

O ryke Digter, wat nou troon in Lig,
wat so ootmoedig jou aan God kon wy,
laat hierdie stille kruisiging my rig,
en laat wat suiwer is, oorwin in my!

--------------------
Vorige onderwerp: "Gebed" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Hart se Punt" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:57:00 MGT 2024