Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5687] AANKONDIGING
DS: [AFRIKAANS:5687] AANKONDIGING [boodskap #5331] Ma, 22 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: JAC...@yvax.byu.edu[SMTP:J...@yvax.byu.edu]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 19:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5687] AANKONDIGING

Hierdie semester bied ek die tweedejaars letterkunde klas aan. Die klas is nie
uitsluitlik op letterkune toegespits nie. Dit behels sowat 60% vn die totale
punt. Die res van die klas word gewei aan praat- en skryfvaardighede. Om
hulle skryfvaardighede te verbeter wil ek graag vir hierdie semester (Jan tot
middel April) die volgende opdrag aan my 18 studente gee. "Hoe word Afrikaans
deur sy sprekers en nie-sprekers gesien?" Ek wil graag skermposadresse aan my
studente verskaf. Dan moet hulle elkeen wat wil saamwerk kontak en hulle eie
vrae stel oor u gevoelens en opinies omtrent Afrikaans. Hulle moet die
korrespondensie op Afrikaans rig. Antwoord dus asb op Afrikaans. Sou enige
van julle belangstel om direk met my studente te kommunikeer, spoed 'n
skermpossie my kant toe met die volgende SUBJECT: DEELNEEM. Laat die
inhoudgedeelte leeg. Indien u wel iets verder wil sê, skryf dan DEELNEEM...

Nederlandse moedertaalsprekers en enige ander persone is welkom om ook deel te
neem. Spoed die boodskappie aan JAC...@BYU.EDU

Hartlike dank--Jacques (Die Afrikaanse Onnie in Amerika)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5615] Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5681] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' i
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:43:04 MGT 2024