Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » vraag oor windows millenium
vraag oor windows millenium [boodskap #38264] Vr, 12 Januarie 2001 11:49 na volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil net graag weet hoe die Windows millenium is. Ek het dit gekoop en nou
het ek gehoor dat ek dit nie moet laai nie aangesien daar nog baie "bugs" op
is. Sal dit wardeer as iemand my kan laat weet of dit so is

Reenen van Niekerk
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38266 is 'n antwoord op boodskap #38264] Vr, 12 Januarie 2001 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DARKANGEL  is tans af-lyn  DARKANGEL
Boodskappe: 42
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
Wel Windows ME sit nogsteeds maar met die selfde probleme as 98 dit crash
ook maar, as jy 'n OS soek wat sy geld werd is probeer Win2000 pro. dit is
die opvolg van NT, ek moet vra hoekom Microsoft nie net hierdie tipe
platform vir hulle OS kan gebruik nie.

DA

"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:3a5eefaa.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil net graag weet hoe die Windows millenium is. Ek het dit gekoop en nou
> het ek gehoor dat ek dit nie moet laai nie aangesien daar nog baie "bugs" op
> is. Sal dit wardeer as iemand my kan laat weet of dit so is
>
> Reenen van Niekerk
>
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38269 is 'n antwoord op boodskap #38266] Vr, 12 Januarie 2001 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ditto.

"DARKANGEL" skryf in boodskap news:93n4sm$8dt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wel Windows ME sit nogsteeds maar met die selfde probleme as 98 dit crash
> ook maar, as jy 'n OS soek wat sy geld werd is probeer Win2000 pro. dit is
> die opvolg van NT, ek moet vra hoekom Microsoft nie net hierdie tipe
> platform vir hulle OS kan gebruik nie.
>
> DA
>
> "Reenen van Niekerk" wrote in message
> news:3a5eefaa.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek wil net graag weet hoe die Windows millenium is. Ek het dit gekoop en nou
>> het ek gehoor dat ek dit nie moet laai nie aangesien daar nog baie "bugs" op
>> is. Sal dit wardeer as iemand my kan laat weet of dit so is
>>
>> Reenen van Niekerk
>>
>
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38281 is 'n antwoord op boodskap #38264] Sa, 13 Januarie 2001 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afrikaans  is tans af-lyn  afrikaans
Boodskappe: 4
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
"Reenen van Niekerk" skryf in boodskap news:3a5eefaa.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil net graag weet hoe die Windows millenium is. Ek het dit gekoop en nou
> het ek gehoor dat ek dit nie moet laai nie aangesien daar nog baie "bugs" op
> is. Sal dit wardeer as iemand my kan laat weet of dit so is
>
> Reenen van Niekerk
>
>
Ek het hierrie software. Lekker om mee te werk. MAAR - van bugs gepraat - is
daar 'n vraagstuk as jy probeer om weer 'n ouere een soos bv Win 98 te
installeer. 'n Venster kom op om jou te verwittig dat dit heeltemal
onmoontlik is. Die enigste ding wat dan oor is, is om AL DIE HARDE skyf af
te vee en alles weereens tree op tree te installeer.

In elk geval, as jy wil hom geniet - en dis seker beter as enige iets
ander - laat waai!!! /As daar meer bugs is waarvan ons weet nie, daar sal
gewis 'n klomp "patches" mettertyd wees om enige probleme te elimineer/.
Veels geluk!

Groete,
jaarik
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38314 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Fri, 12 Jan 2001 16:47:29 +0200, "DARKANGEL" wrote:

> Wel Windows ME sit nogsteeds maar met die selfde probleme as 98 dit crash
> ook maar, as jy 'n OS soek wat sy geld werd is probeer Win2000 pro. dit is
> die opvolg van NT, ek moet vra hoekom Microsoft nie net hierdie tipe
> platform vir hulle OS kan gebruik nie.

Maar dit is mos 'n MS bedryfstelsel?
Jy kan dit op jou PC laai en sover ek weet gaan jy dalk net ongerief
he as jy baie games wil speel. Maar vir algemene gebruik is dit OK.
Dit is onder meer bedoel vir tuis/klein sake-pc's.
Win 98 Second Edition is ook OK.
Ek het ME opgelaai en 'n dag later weer afgelaai.
Dit het my een rekenaar heeltemal bedonner terwyl die main feature van
ME - dat jy die konfigurasie kan herstel na die een van 'n spesifieke
datum - die dag toe ek dit nodig gehad het, net eenvoudag geweier het
om te werk.
Op eg MS wyse het ek in plaas van my "goeie" konfigurasie van 'n tyd
terug eenvoudig 'n kort boodskap gekry wat gese het die funksie kan
nie meer gedoen word nie. Punt.

Albei rekenaars het nou Win98 SE op.
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38315 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Sat, 13 Jan 2001 15:49:52 +0300, "afrikaans"
wrote:

> Ek het hierrie software. Lekker om mee te werk. MAAR - van bugs gepraat - is
> daar 'n vraagstuk as jy probeer om weer 'n ouere een soos bv Win 98 te
> installeer. 'n Venster kom op om jou te verwittig dat dit heeltemal
> onmoontlik is. Die enigste ding wat dan oor is, is om AL DIE HARDE skyf af
> te vee en alles weereens tree op tree te installeer.

Jy kan dit op 'n ander manier ook doen.
Copy Win98 se installeer-files in 'n folder op jou hardeskyf.
Gaan dan in DOS en vee alles in die WINDOWS folder uit, sowel as alles
in die root directory.
CD dan na die folder met win 98 in en execute die setup-file.
Dan hou jy ten minste al jou data wat baie kere in klein folders
iewers le wat mens vergeet om te backup as hy reformat.
Jy sal al jou programme weer moetg installeer, maar in bv, games sal
jy ten minste as die gesavede games behou.

'n Program soos Norton Commander (uit die dae van DOS) is baie nurttig
om te he as jy die prosedure volg want dit laat jou toe om grafies en
maklik te surf en maak en te breek oor jou hardeskyf in DOS.

Dis nie 'n baie groot program nie, dit pas op 'n stiffie.
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38317 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Ferdi

Ek weet nie of jy met my saamstem nie maar ek dink nog steeds die Norton
Commander en die Norton Ulilities van die ou "Dos" dae af was die beste wat
jy nog kon kry. Ek het myne oor 'n tydpers verloor waaroor ek baie spyt is,
so as jy dalk van 'n site weet waar ek die 2 programme weer kan kry sal ek
diep dankbaar wees.

** Die ou dae van Norton het 'n funksie gehad van "Revitalise" 'n stiffy, ek
het dit altyd gebruik voordat ek die DiskDoctor gebruik het, want dit het
die probleem vir my 1000 keer beter opgelos as laas genoemde.**

Maar nou moet ek bysê dat ek nog nooit weer na Norton se produkte gekyk het
in die nuwe Windows omgewing nie, dalk is dit baie beter.

> 'n Program soos Norton Commander (uit die dae van DOS) is baie nurttig
> om te he as jy die prosedure volg want dit laat jou toe om grafies en
> maklik te surf en maak en te breek oor jou hardeskyf in DOS.
>
> Dis nie 'n baie groot program nie, dit pas op 'n stiffie.
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38321 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Jan 2001 12:13:52 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:

> On Sat, 13 Jan 2001 15:49:52 +0300, "afrikaans"
> wrote:
>

Ferdi!!!!! Jy kan dit nie aan ons doen om terug te kom nà ons ons
gedink het dat die helfte van ons probleme weg is nie! Hoe's jou hart
dan? Of skryf iemand anders op jou naam net om die aand te spoil?

Ferdi, ek hoor wat jy vir die ouens sê. Ek gebruik Millenium - speel
geen speletjies nie - hanteer hier en daar 'n site op die Net, en vind
Millenium tops. Millenium is in teenstelling met wat gesê word,
vinniger as '98. (ondermeer)

Belangrik, (ek vind dit onontbeerlik) skaf Norton Ghost 2001 aan.
Indien dit nodig is, formateer (ek het dit twee dae gelede gedoen -
dit wat julle van my groot mond hier gesien het is van my notebook af
gedoen) en maak 'n IMAGE.

Maak seker dat jou rekenaar presies reg is en maak 'n IMAGE bestaande
uit (wel ek het op die image net - die NETWERK tussen my vrou en my
rekenaar - My MODEM - en dit is dit.

Indsien ek nou formateer en Fdisk (Fdisk is belangrik) kos dit my
twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!

bye bye

DD
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38324 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Mon, 15 Jan 2001 21:18:05 +0200, Davie Davis wrote:

> Indsien ek nou formateer en Fdisk (Fdisk is belangrik) kos dit my
> twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!

Dis as jy die plek het om om die HDD afskrif te gaan bere....
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38328 is 'n antwoord op boodskap #38264] Ma, 15 Januarie 2001 21:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Jan 2001 20:04:43 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:

> On Mon, 15 Jan 2001 21:18:05 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
> > twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!
>
> Dis as jy die plek het om om die HDD afskrif te gaan bere....
>

O Ja, CD Writer issie ding hier. Jy moet die image heel van jou HD
afkry want jy moet Fdisk. Of jy moet 'n tweede harde skyf hê. Wat jy
ook kan verloor.

Weet nie of julle onthou nie maar Tobie het een dag gesê dat hy so
drie maandeliks Windows oor_installeer. Iemand het 'n grap gemaak en
gevra of sy Windows 'n Demo is. Wel ek formateer meer gereeld as dit.
Want as jy besig is op jou masjien oorlaai jy dit gereeld met INI
files ens. (Dis ook hier waar Norton Clean Sweep 'n antwoord is.)

Weet dit kos geld maar as jy 'n CD Writer aanskaf, installeer Norton
Ghost, maak 'n image en sit dit op 'n CD. (Ek het vanaand 'n nuwe
image op CD geskryf). Dan kan jy rondspeel en as jy alles lekker
deurmekaar gemaak het, Fdisk jy, formateer en laai die Image.

DD
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38332 is 'n antwoord op boodskap #38321] Di, 16 Januarie 2001 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik duel boot na Win98 en Windows 2000 Server. Gebruik egter nooit
Win98 nie want ek speel nie games nie.
2000 Server is vir my sover die beste wat Bill nog kon opdis. Weg is die dae
van "blou screens" end die alomteenwoordige
"This program had perform an illegal instruction" (GPF). Programme hang ook
nie meer soos op Win98 nie.

Krokkie

"Davie Davis" skryf in boodskap news:cci66t0nu0kvh12oe7shkkatqab1uh5t8l@4ax.com...
> On Mon, 15 Jan 2001 12:13:52 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
>
>> On Sat, 13 Jan 2001 15:49:52 +0300, "afrikaans"
>> wrote:
>>
>
>
> Ferdi!!!!! Jy kan dit nie aan ons doen om terug te kom ná ons ons
> gedink het dat die helfte van ons probleme weg is nie! Hoe's jou hart
> dan? Of skryf iemand anders op jou naam net om die aand te spoil?
>
> Ferdi, ek hoor wat jy vir die ouens sê. Ek gebruik Millenium - speel
> geen speletjies nie - hanteer hier en daar 'n site op die Net, en vind
> Millenium tops. Millenium is in teenstelling met wat gesê word,
> vinniger as '98. (ondermeer)
>
> Belangrik, (ek vind dit onontbeerlik) skaf Norton Ghost 2001 aan.
> Indien dit nodig is, formateer (ek het dit twee dae gelede gedoen -
> dit wat julle van my groot mond hier gesien het is van my notebook af
> gedoen) en maak 'n IMAGE.
>
> Maak seker dat jou rekenaar presies reg is en maak 'n IMAGE bestaande
> uit (wel ek het op die image net - die NETWERK tussen my vrou en my
> rekenaar - My MODEM - en dit is dit.
>
> Indsien ek nou formateer en Fdisk (Fdisk is belangrik) kos dit my
> twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!
>
> bye bye
>
> DD
>
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38333 is 'n antwoord op boodskap #38328] Di, 16 Januarie 2001 05:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nie regtig nodig om Win98 oor en oor te installer nie. Dit klink
egter of julle baie demo programme installeer en weer afhaal. In plaas
daarvan om oor te installer gaan laai FixItUtilities2000 van Ontrack af
(17M). Dit is regtig baie goed. Daar is onder andere 'n "registary fixer" wat
regtig WERK en korrek werk ook. Jy het nog steeds altyd die keuse of jy wil
"fix" al dan nie.  As jy 'n WEB drive het gee my die adress en ek stoor dit
daar saam met sy crack.

Krokkie

"Davie Davis"  skryf in boodskap news:h7p66ts7t9gj4jjr7ovpljosj3taq9svm3@4ax.com...
>  On Mon, 15 Jan 2001 20:04:43 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
>
>> On Mon, 15 Jan 2001 21:18:05 +0200, Davie Davis
>> wrote:
>>
>> >> twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!
>>
>> Dis as jy die plek het om om die HDD afskrif te gaan bere....
>>
>
>
>  O Ja,  CD Writer issie ding hier. Jy moet die image heel van jou HD
>  afkry want jy moet Fdisk. Of jy moet 'n tweede harde skyf hê. Wat jy
>  ook kan verloor.
>
>  Weet nie of julle onthou nie maar Tobie het een dag gesê dat hy so
>  drie maandeliks Windows oor_installeer. Iemand het 'n grap gemaak en
>  gevra of sy Windows 'n Demo is. Wel ek formateer meer gereeld as dit.
>  Want as jy besig is op jou masjien oorlaai jy dit gereeld met INI
>  files ens. (Dis ook hier waar Norton Clean Sweep 'n antwoord is.)
>
>  Weet dit kos geld maar as jy 'n CD Writer aanskaf,  installeer Norton
>  Ghost, maak 'n image en sit dit op 'n CD. (Ek het vanaand 'n nuwe
>  image op CD geskryf). Dan kan jy rondspeel en as jy alles lekker
>  deurmekaar gemaak het, Fdisk jy, formateer en laai die Image.
>
>  DD
>
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38351 is 'n antwoord op boodskap #38328] Di, 16 Januarie 2001 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
waar kan ek daai spook van norton kry dd?

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
--Our attitude always tells others what we expect in
return --
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Davie Davis wrote in message ...
:On Mon, 15 Jan 2001 20:04:43 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
:
:>On Mon, 15 Jan 2001 21:18:05 +0200, Davie Davis

:>wrote:
------knip------------
:Weet dit kos geld maar as jy 'n CD Writer aanskaf, installeer Norton
:Ghost, maak 'n image en sit dit op 'n CD. (Ek het vanaand 'n nuwe
:image op CD geskryf). Dan kan jy rondspeel en as jy alles lekker
:deurmekaar gemaak het, Fdisk jy, formateer en laai die Image.
:
:DD
:
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38358 is 'n antwoord op boodskap #38351] Di, 16 Januarie 2001 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Jan 2001 21:36:44 +0200, "Tobie" wrote:

> waar kan ek daai spook van norton kry dd?

Sal kyk of ek môreaand vir jou 'n adres kan gee Tobie.

DD
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38369 is 'n antwoord op boodskap #38264] Wo, 17 Januarie 2001 09:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Mon, 15 Jan 2001 23:10:20 +0200, Davie Davis wrote:

> Weet dit kos geld maar as jy 'n CD Writer aanskaf, installeer Norton
> Ghost, maak 'n image en sit dit op 'n CD. (Ek het vanaand 'n nuwe
> image op CD geskryf). Dan kan jy rondspeel en as jy alles lekker
> deurmekaar gemaak het, Fdisk jy, formateer en laai die Image.

Bevat die "ghost" AL die data? Met ander woorde alles wat geinstalleer
is ens?
Met ander woorde as en bv. Windows, drie games, woordverwerker en se
nou maar Corel Draw op het en ek Ghost dit, as ek dan daai ghost
installeer op 'n ANDER PC, sal al daai programme werk asof
geinstalleer?

Verder: Kan die ghost image op 'n ander (dus enige) PC geplaas word?

En word dit gedoen vanaf 'n ander netwerk gekoppelde PC of kan mens
reformat, ghost installeer, die gebrande CD in die CD Drive sit en die
hele hardeskyf oorskryf?

My common sense se dit moet op 'n lee skyf geskryf word, met ander
woorde jy kan dit dan van 'n ander PC op die netwerk installeer.

Watter sagteware gebruik jy om met die CD W te skryf?
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38378 is 'n antwoord op boodskap #38264] Wo, 17 Januarie 2001 19:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jan 2001 09:00:34 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:

> On Mon, 15 Jan 2001 23:10:20 +0200, Davie Davis

> Bevat die "ghost" AL die data? Met ander woorde alles wat geinstalleer
> is ens?
> Met ander woorde as en bv. Windows, drie games, woordverwerker en se
> nou maar Corel Draw op het en ek Ghost dit, as ek dan daai ghost
> installeer op 'n ANDER PC, sal al daai programme werk asof
> geinstalleer?

Hallo Ferdi,
ja dit werk asof nuut geinstalleer. Dit werk presies soos jy hier bo
sê want jy maak met die Ghost image 'n fotostaat van jou vorige
hardeskyf.
Wat wel belangrik is, is die natuurlike feit dat jy gebind is aan
ruimte maw 700mb (die volume grootte van jou leë CD.

>
> Verder: Kan die ghost image op 'n ander (dus enige) PC geplaas word?

Yes... op enige ander PC op die voorwaarde natuurlik dat jy nie iets
soos Windows '98 op 'n 486 installeer nie. So lank die ander masjien
se CPU & RAM dit kan hanteer kan jy dit doen. Jy kan een IMAGE maak en
vir 'n hele kantoor PC's gebruik.
>
> En word dit gedoen vanaf 'n ander netwerk gekoppelde PC of kan mens
> reformat, ghost installeer, die gebrande CD in die CD Drive sit en die

Nr 2 JA..(lekker né!) Wat so lekker is aan Ghost is dat (Let Wel
GHOST 2001 Let Wel - nié Ghost 6 nié!) dié lieflike program op 'n
stiffie gaan. Jy installeer dit op 'n 'Bootdisk' plaas jou Bootdisk in
jou A dryf en 'Reboot'. Nòu maak jy 'n IMAGE in DOS. Dié skryf jy op
'n CD.

Wanneer jy jou hardeskyf formateer (het dit reeds gesê) is dit beter
om altyd te FDISK. Fdisk beteken dat jy die Partition (bv C & D
drywe een maak en dan weer 2 maak.) Dit, kan bv (sover ek weet) geen
virus oorleef nie)
Dàn formateer jy C dryf en D dryf. Die Image sal jy altyd vir C dryf
maak want dit is waar Windows is.
Volgende Reboot jy met die BootDisk. Jy word 'n keuse gegee:
'Boot with or without CD Rom'.
Jy Reboot MET CD ROM en terug is jy in GHOST wat nét in DOS werk.
Herinstalleer jou IMAGE en jy is terug waar jy was!

Ferdi, ek het twee rekenaars in my studeerkamer op Internet. Dié van
my vrou en die van myself. Wanneer ek myne doen is die proxy tussen
die twee presies reg IP verwysings (proxy doeleindes) presies reg.
Dialup presies reg - alles net soos dit was. Die ander masjien weer,
skakel onmiddelik deur my masjien (want ek deel 'n modem tussen die
twee masjiene - gebruik hier WINPROXY en nie Wingate of Lanbridge of
so iets nie hoor) in maw die NETWERK is ook reg.

Eers het ek CorelDRAW 8 - Adobe GoLIVE - MS Office 2000 ens saam
gedoen en daarna daarteen besluit. Want dit sö lekker om 'n nuwe
blaadjie om te slaan en as alles weer dieselfde het, wat is nuut!?
Buitendien het ek alles op CD's en installasie neem 'n paar minute.

Wie is die ou wat nou die dag gesê het dat hy nie van NORTON hou nie?
Ek gebruik Norton ANTIVIRUS Norton CLEANSWEEP Norton UTILITIES Norton
GHOST.

> hele hardeskyf oorskryf?
>
> My common sense se dit moet op 'n lee skyf geskryf word, met ander
> woorde jy kan dit dan van 'n ander PC op die netwerk installeer.
>
> Watter sagteware gebruik jy om met die CD W te skryf?

Ek gebruik Adaptac Easy CD Creator 4. Ek is lief vir die program want
dit drop my nie. Ek het 'n twintig minute gelede NERO Burning Rom
version 5.0.3.1 geinstalleer. Sal tòg vanaand iets daarmee skryf om
dit te toets want dit is ook 'n gunsteling.

Groetnis

DD
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38383 is 'n antwoord op boodskap #38264] Wo, 17 Januarie 2001 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Hmmm...nou weet ek hoekom jy so baie reformat en oor-installeer. Maak
> sin. :-)
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----

Het mos gesê dat ons af en toe na 'n nuwe blaadjie moet omslaan
My rekenaars (4 van hulle!) werk jong
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38394 is 'n antwoord op boodskap #38264] Do, 18 Januarie 2001 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: (Ferdi Greyling)

On Wed, 17 Jan 2001 21:14:17 +0200, Davie Davis wrote:

Ghost ens....
Koel. Sal dit try. My een PC is 'n Compaq wat sy eie easyrestore het
wat ook lekker werk.
Die ander een is 'n clone wat 'n Quantum hardseskyf het wat sy eie
Ontrack Disk Manager gebruik om te format (Dos kan dit nie format nie)
so ek reken daar sal en eenvoudig alles kan uitvee en die Ghost weer
opsit.
Sal dit try.
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38403 is 'n antwoord op boodskap #38378] Do, 18 Januarie 2001 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Jan 2001 21:14:17 +0200, Davie Davis wrote:

> On Wed, 17 Jan 2001 09:00:34 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
>
>> On Mon, 15 Jan 2001 23:10:20 +0200, Davie Davis
>
>> Bevat die "ghost" AL die data? Met ander woorde alles wat geinstalleer
>> is ens?
>> Met ander woorde as en bv. Windows, drie games, woordverwerker en se
>> nou maar Corel Draw op het en ek Ghost dit, as ek dan daai ghost
>> installeer op 'n ANDER PC, sal al daai programme werk asof
>> geinstalleer?
>
> Hallo Ferdi,
> ja dit werk asof nuut geinstalleer. Dit werk presies soos jy hier bo
> sê want jy maak met die Ghost image 'n fotostaat van jou vorige
> hardeskyf.
> Wat wel belangrik is, is die natuurlike feit dat jy gebind is aan
> ruimte maw 700mb (die volume grootte van jou leë CD.
>

>> Verder: Kan die ghost image op 'n ander (dus enige) PC geplaas word?
>
> Yes... op enige ander PC op die voorwaarde natuurlik dat jy nie iets
> soos Windows '98 op 'n 486 installeer nie. So lank die ander masjien
> se CPU & RAM dit kan hanteer kan jy dit doen. Jy kan een IMAGE maak en
> vir 'n hele kantoor PC's gebruik.

Nee Ferdi, wel op 'n ander PC met groot genoeg cpu en ram MAAAAAR wat
BAAAAIE BELANGRIK IS OM TE ONTHOU is dat alles nie noodwendig reg sal
werk indien die masjiene nie dieselfde is nie. Wat ek hierby bedoel is
dit (en ek het nagelaat om dit vir jou te sê):
Indien jy bv. op die image 'n spesifieke klankaart copy òf modem of
enige iets van die aard en dieselfde modem of klankaart is nié in die
teiken masjien geinstalleer nie, sal die image natuurlik nie regwerk
nie.

DD
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38405 is 'n antwoord op boodskap #38403] Do, 18 Januarie 2001 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
please_ask  is tans af-lyn  please_ask
Boodskappe: 26
Geregistreer: Januarie 2001
Karma: 0
Junior Lid
On Thu, 18 Jan 2001 22:09:10 +0200, Davie Davis wrote:
> Nee Ferdi, wel op 'n ander PC met groot genoeg cpu en ram MAAAAAR wat
> BAAAAIE BELANGRIK IS OM TE ONTHOU is dat alles nie noodwendig reg sal
> werk indien die masjiene nie dieselfde is nie. Wat ek hierby bedoel is
> dit (en ek het nagelaat om dit vir jou te sê):
> Indien jy bv. op die image 'n spesifieke klankaart copy òf modem of
> enige iets van die aard en dieselfde modem of klankaart is nié in die
> teiken masjien geinstalleer nie, sal die image natuurlik nie regwerk
> nie.

OK. Dis logies. Ek wou net baie duidelik maak dat ALLES in verhouding
tot mekaar herstel word want gewone Windows backup doen dit mos nie.
Jy moes mos na n gewone Windows restore weer ander pakkette
installeer, ten minste so onthou ek dit. Dit het van dit 'n redelik
useless backup-stelsel gemaak.
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38406 is 'n antwoord op boodskap #38405] Do, 18 Januarie 2001 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Jan 2001 20:41:08 GMT, please_ask@me.for.the.adres (Ferdi) wrote:

> On Thu, 18 Jan 2001 22:09:10 +0200, Davie Davis
> wrote:
> > enige iets van die aard en dieselfde modem of klankaart is nié in die
>> teiken masjien geinstalleer nie, sal die image natuurlik nie regwerk
>> nie.
>
> OK. Dis logies. Ek wou net baie duidelik maak dat ALLES in verhouding
> tot mekaar herstel word want gewone Windows backup doen dit mos nie.
> Jy moes mos na n gewone Windows restore weer ander pakkette
> installeer, ten minste so onthou ek dit. Dit het van dit 'n redelik
> useless backup-stelsel gemaak.

Mhm weet nie hoe't ek daai een reggekry om 'n klankkaart sommer 'n
klankaart re maak nie - o snelskrif

sal oor die naweek êrens op die Net Ghost 2001 laai en vir jou en
Tobie die url gee om dit af te haal
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38441 is 'n antwoord op boodskap #38332] Vr, 19 Januarie 2001 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
My probleem met 2000 is bloot dat ek nie my randapparatuur ("peripheral")
soos normaal kan gebruik nie - ek sukkel my ... af met 'n HP Eksterne
Parallelpoort CD-skrywer, asook my HP skandeerder - ten spyte van die feit
dat ek reeds die "regte" sagteware van HP bekom en geinstalleer het. Enige
raad in die verband?

"Krokkie" skryf in boodskap news:3a63d8d9$0$232@helios.is.co.za...
> Ek gebruik duel boot na Win98 en Windows 2000 Server. Gebruik egter nooit
> Win98 nie want ek speel nie games nie.
> 2000 Server is vir my sover die beste wat Bill nog kon opdis. Weg is die dae
> van "blou screens" end die alomteenwoordige
> "This program had perform an illegal instruction" (GPF). Programme hang ook
> nie meer soos op Win98 nie.
>
> Krokkie
>
>
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:cci66t0nu0kvh12oe7shkkatqab1uh5t8l@4ax.com...
>> On Mon, 15 Jan 2001 12:13:52 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
>>
>>> On Sat, 13 Jan 2001 15:49:52 +0300, "afrikaans"
>>> wrote:
>>>
>>
>>
>> Ferdi!!!!! Jy kan dit nie aan ons doen om terug te kom ná ons ons
>> gedink het dat die helfte van ons probleme weg is nie! Hoe's jou hart
>> dan? Of skryf iemand anders op jou naam net om die aand te spoil?
>>
>> Ferdi, ek hoor wat jy vir die ouens sê. Ek gebruik Millenium - speel
>> geen speletjies nie - hanteer hier en daar 'n site op die Net, en vind
>> Millenium tops. Millenium is in teenstelling met wat gesê word,
>> vinniger as '98. (ondermeer)
>>
>> Belangrik, (ek vind dit onontbeerlik) skaf Norton Ghost 2001 aan.
>> Indien dit nodig is, formateer (ek het dit twee dae gelede gedoen -
>> dit wat julle van my groot mond hier gesien het is van my notebook af
>> gedoen) en maak 'n IMAGE.
>>
>> Maak seker dat jou rekenaar presies reg is en maak 'n IMAGE bestaande
>> uit (wel ek het op die image net - die NETWERK tussen my vrou en my
>> rekenaar - My MODEM - en dit is dit.
>>
>> Indsien ek nou formateer en Fdisk (Fdisk is belangrik) kos dit my
>> twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!
>>
>> bye bye
>>
>> DD
>>
>
Re: vraag oor windows millenium [boodskap #38502 is 'n antwoord op boodskap #38441] Ma, 22 Januarie 2001 05:27 Na vorige boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het ook probleme gehad met my printers. Kon nie driver kry nie .
Maklikste en vinnigste vervang dit met
nuwe reekse.

"Jonas" skryf in boodskap news:3a68a058$0$232@hades.is.co.za...
> My probleem met 2000 is bloot dat ek nie my randapparatuur ("peripheral")
> soos normaal kan gebruik nie - ek sukkel my ... af met 'n HP Eksterne
> Parallelpoort CD-skrywer, asook my HP skandeerder - ten spyte van die feit
> dat ek reeds die "regte" sagteware van HP bekom en geinstalleer het. Enige
> raad in die verband?
> "Krokkie" wrote in message
> news:3a63d8d9$0$232@helios.is.co.za...
>> Ek gebruik duel boot na Win98 en Windows 2000 Server. Gebruik egter nooit
>> Win98 nie want ek speel nie games nie.
>> 2000 Server is vir my sover die beste wat Bill nog kon opdis. Weg is die dae
>> van "blou screens" end die alomteenwoordige
>> "This program had perform an illegal instruction" (GPF). Programme hang ook
>> nie meer soos op Win98 nie.
>>
>> Krokkie
>>
>>
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:cci66t0nu0kvh12oe7shkkatqab1uh5t8l@4ax.com...
>>> On Mon, 15 Jan 2001 12:13:52 GMT, (Ferdi Greyling) wrote:
>>>
>>>> On Sat, 13 Jan 2001 15:49:52 +0300, "afrikaans"
>>>> wrote:
>>>>
>>>
>>>
>>> Ferdi!!!!! Jy kan dit nie aan ons doen om terug te kom ná ons ons
>>> gedink het dat die helfte van ons probleme weg is nie! Hoe's jou hart
>>> dan? Of skryf iemand anders op jou naam net om die aand te spoil?
>>>
>>> Ferdi, ek hoor wat jy vir die ouens sê. Ek gebruik Millenium - speel
>>> geen speletjies nie - hanteer hier en daar 'n site op die Net, en vind
>>> Millenium tops. Millenium is in teenstelling met wat gesê word,
>>> vinniger as '98. (ondermeer)
>>>
>>> Belangrik, (ek vind dit onontbeerlik) skaf Norton Ghost 2001 aan.
>>> Indien dit nodig is, formateer (ek het dit twee dae gelede gedoen -
>>> dit wat julle van my groot mond hier gesien het is van my notebook af
>>> gedoen) en maak 'n IMAGE.
>>>
>>> Maak seker dat jou rekenaar presies reg is en maak 'n IMAGE bestaande
>>> uit (wel ek het op die image net - die NETWERK tussen my vrou en my
>>> rekenaar - My MODEM - en dit is dit.
>>>
>>> Indsien ek nou formateer en Fdisk (Fdisk is belangrik) kos dit my
>>> twintig minute om terug te wees in die fight om culture.afrikaans!
>>>
>>> bye bye
>>>
>>> DD
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: AmiPro
Volgende onderwerp: nuwe virus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:31:28 MGT 2024