Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reparasies
Reparasies [boodskap #4659] Ma, 01 Mei 2006 14:14 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is vanoggend 'n lang stuk in ons Globe and Mail van hoe
die Duitse regering uiteindelik toegestem het om reparasies
te betaal vir die groepmoord op die Herero in 1904. Dit was in
weerwraak op moorde van die Herero teen Duitse soldate, in
protes teen die oorneem van hulle grond en hulle beeste. Daar
is glo al in 2004 om verskoning gevra vir die moordtog teen
die Herero, maar nou het hulle glo ingestem om reparasies
ook te betaal. Dit lyk nie of die bedrag te groot is nie, maar
die prinsipe help seker. ( Daar is glo taamlike menings-
verskille oor hoe die geld uitgedeel of bestee moet word.)
Ek hoop dat daar nog altyd groepe is wat Engeland
ook vra om reparasies te betaal vir wat in die Tweede
Vryheidsoorlog gebeur het. Mens wonder egter of, as
hulle te hard vir reparasies stoot, hulle nie 'n nes van
wurms oopmaak nie. Wat verhoed die nie-blankes om
reparasies van die blankes te vra.

Gloudina
Re: Reparasies [boodskap #4661 is 'n antwoord op boodskap #4659] Ma, 01 Mei 2006 15:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat van die nie-blankes die blankes betaal.
Re: Reparasies [boodskap #4666 is 'n antwoord op boodskap #4659] Di, 02 Mei 2006 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien moet julle publikasie beter navorsing doen? Daar is groot
meninngsverskille of daar ooit werklik moord op die Herero's gepleeg is.
Wat jy nie moet vergeet nie, was dat die Duitsers nie SWA geregeer het
daardie dae nie en het slegs 'n beskermingsfunksie vervul teenoor die
plaaslike bevolkings wat hulle beskermingsaanbod aanvaar het. Die swart
volkere van die land het dwarsdeur die geskiedenis gedurig baklei en mekaar
se goed gesteel en dan het die Duitsers tussenbeide getree om die oorloë te
stop....en betrokke geraak. So ook met gewraakte Hererooorlog waar hierdie
'volksmoord' plaasgevind het naby die Waterberge. Dis egter net
interressant dat die Herero's wat 'vermoor' was, vandag gereken word om om
en by die twintigduisends te wees en die soldate wat betrokke was by hierdie
'moord', minder as 'n honderd! Dis ook nie dat die slagoffers in 'n kraal
vasgekeer en vrekgeskiet is nie, nee, hulle was op die vlug met die soldate
op perde agterna. Nou, enigiemand wat die veld, perdry en oorlog
ken....dis eenvoudig nie prakties moontlik nie. Ook baie interessant is
die feit dat die Hererogetalle in wat vandag Botswana is, direk na die tyd
drasties verhoog het....amper met net soveel as die wat vermoor is! Hulle
spoke dalk, ou antie?
Maar, om terug te kom by die kompensasie, dis ou nuus. Die gesanik
oor die storie deur van die Herero's is al wyd bekend en orals probeer,
selfs in die Amerikaanse howe. Die Duitse regering het gatvol geraak vir
al die slegte publisiteit en besluit om verskoning te vra en kompensasie aan
te bied.....aan die land en nie aan individuele Herero's nie. Geen Herero
is in staat om kaart en transport te bewys vir watter stuk grond sy familie
glo besit het nie want dit het nie so daardie tyd gewerk nie. Grond is
oorwin in oorloë en definitief nie gekoop nie. Dit is nou vir die
Namibiese regering om te besluit hoe om die kompensasie aan te wend wat in
die vorm van ontwikkelingshulp aangebied word. Die groot protes is nou
natuurlik uit Herero's wat gedink het hulle gaan elkeen 'n hoop kontant uit
die Duitsers uit kry.......nou moet hulle werk daarvoor.
wrote in message
news:1146492868.307347.63240@y43g2000cwc.googlegroups.com...
Re: Reparasies [boodskap #4667 is 'n antwoord op boodskap #4661] Di, 02 Mei 2006 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sal nogal interessant wees om te hoor wat gebeur in gevalle waat swart mense
wit boere op hulle plase aangeval en uitgemoor het....kan hulle nageslag
reparasie eis van die regering vir wat aan hulle gedoen is?
"Jonas" wrote in message
news:1146497209.614268.27400@y43g2000cwc.googlegroups.com...
> Wat van die nie-blankes die blankes betaal.
>
Re: Reparasies [boodskap #4675 is 'n antwoord op boodskap #4667] Wo, 03 Mei 2006 04:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat 'n klomp snert.
Wanneer verjaar 'n misdryf?
Re: Reparasies [boodskap #4680 is 'n antwoord op boodskap #4661] Do, 04 Mei 2006 06:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
ons begin by die moorde op Piet Retief hulle, iemand moet hul 12 de geslag
nou betaal....

"Jonas" wrote in message news:1146497209.614268.27400@y43g2000cwc.googlegroups.com...
> Wat van die nie-blankes die blankes betaal.
>
Re: Reparasies [boodskap #4681 is 'n antwoord op boodskap #4675] Do, 04 Mei 2006 06:24 Na vorige boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien dit en dink Suidwester sien dit oook so
Die spul is te forken lui om te werk, hulle sal altyd iets
uitdink om bakhand te staan. wil net he en he en he tot daar niks oor
is nie

"Jonas" wrote in message news:1146630461.614338.85380@j73g2000cwa.googlegroups.com...
> Wat 'n klomp snert.
> Wanneer verjaar 'n misdryf?
>
Vorige onderwerp: Kaaskoppe
Volgende onderwerp: Tutu - vervolg ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:43:41 MGT 2024