Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » April Fool
April Fool [boodskap #4535] Ma, 03 April 2006 12:19 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Saterdag het omgegaan en nie eenkeer het iemand probeer
om met my April Fool te speel nie. Is die hele gewoonte besig om uit
te sterf? Ek weet dat dit meer 'n Britse kultuurding is as Noord-
Amerikaanse kultuurgewoonte, maar ek dink tog twintig dertig jaar
gelede was dit nog baie meer definitief hier gepraktiseer as nou.
Ek kan nog goed onthou hoe ek, kort nadat ons hier aangekom
het, ek eendag op Educational TV staan en kyk hoe hulle macaroni
oes. Dit het gelyk of dit in Italië is, en daar was 'n hele boord vol
bome met sulke lang wit wat gelyk het na peule. En die mense
het die macaroni van die bome afgesny en in mandjies gesit en
dit na waens geneem. Ek het verstom gestaan. Want ek het nog
altyd gedog dat mense macaroni en spaghetti op 'n ander manier
maak. Na 'n rukkie begin hulle 'n bekende klassieke deuntjie
speel, en toe skielik begin hulle alle soort kinkels daarin sit wat
so snaaks was dat dit mens moes laat lag. Toe skielik besef
ek, hulle is besig om my been te trek. Natuurlik dan ook seker
met die macaroni wat op bome groei.

Gloudina
Re: April Fool [boodskap #4546 is 'n antwoord op boodskap #4535] Wo, 05 April 2006 14:14 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee - daar was maar min April-fool (paasgekke [?] ) hier gewees die
jaar.
Wat wel sy kop verlede jaar hier in die Jakaradastad sy kop begin
uitsteek het was jongmense wat begin aantrek het vir "Halloween". Dit
is ietwat volksvreemd vir my - maar nou-ja, nog 'n gopeie rede vir die
winkelliers om geld te maak.
Vorige onderwerp: Sekulere Spiritualiteit deur CHRISTINA LANDMAN
Volgende onderwerp: Geskryf deur Herman Giliomee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 07:29:42 MGT 2024