Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sekulere Spiritualiteit deur CHRISTINA LANDMAN
Sekulere Spiritualiteit deur CHRISTINA LANDMAN [boodskap #4534] Ma, 03 April 2006 12:10 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Christina Landman
Hoe kan ons die Polisiekarre, Zuma op 'n kruis en die herrie oor die
Vrouemonument verstaan? Miskien deur 'n bietjie na te dink oor die term
sekulêre spiritualiteit.


Sekulêre spiritualiteit is wanneer 'n mens spirituele waardes najaag,
maar dit nie deur die kerk of geves tigde godsdiens doen nie.

Ons Christene voel nogal ongemaklik oor hierdie term. Want 'n mens kan
mos tog óf sekulêr óf spiritueel wees, nie waar nie? Maar veral in
die Weste is sekulêre spiritualiteit al 'n gevestigde term. Daar het
byvoorbeeld onlangs 'n boek verskyn, The Gospel according to Harry
Potter, wat die spirituele kant van Harry Potter bekyk, en ons weet
Harry was beslis nie godsdienstig nie.

En dis maar net een van 'n lys boeke soos The Gospel according to
Peanuts en The Gospel according to Tolkien.

Dit bring ons by die Polisiekarre. 'n Mens sou kon vra of hul liedjies
dan nie tog 'n spirituele kant het nie. As hulle in hul liedjies vir
god vra waarom god hom aan ons afvee, om dit nou maar so te stel, gee
hulle nie juis uiting aan jong mense se soeke na 'n spiritualiteit wat
vir hulle "truthful" is nie?

Hulle soek na 'n hemel, sê die Polisiekarre in een liedjie. 'n Mens
wonder of daardie soektog 'n "spiritual quest" is? (Nie dat die
Polisiekarre hul taal meng nie. Hulle sing en vloek in suiwer
Afrikaans.) Hul liedjies is vol godsdienstige simbole.

En hoe moet ons Jacob Zuma se foto teen die kruis vasgespyker,
verstaan? Vir ons lyk dit na godslaste ring. Nes die Polisiekarre. Maar
miskien kan ons dit verstaan vanuit sekulêre spiritualiteit, al wil
ons dit nie goedkeur nie.

As die Polisiekarre 'n sekulêre medium soos rockmusiek sou gebruik om
spirituele weerstand uit te beeld, dan is dit met Zuma op die kruis net
andersom. Met Zuma word 'n sekulêre opvatting (dat die media besig sou
wees om iemand te veroordeel) deur middel van 'n godsdienstige simbool
(Jesus wat onskuldig gekruisig is) uitgebeeld.

Dit is steeds sekulêre spiritualiteit. Dis hoe dit lyk wanneer die
sekulêre en die spirituele deurmekaar begin loop.

Want in Afrika lyk sekulêre spiritualiteit anders as in die Weste. 'n
Westerse mens sal die kerk verlaat om privaat 'n Boeddhis te word, New
Age-praktyke te volg of as 'n paganis sy/haar geestelikheid in die
natuur te gaan soek. Dis iets individueels.

Nie in Afrika nie. Die Afrikane in Suid-Afrika gee uiting aan hul
spirituele waardes as 'n groep en deur hul liggame. Hulle neem aan
optogte deel, hulle dans en betoog vir hoër salarisse en die regte van
werkers en vroue. Want menseregte is vir hulle 'n spirituele waarde.

In Suid-Afrika kom die sekulêre en die spirituele bymekaar soos seker
nêrens anders op aarde nie. En in Suid-Afrika word sekulêre
spiritualiteit betoog, beliggaam, bekruis en bedans soos nêrens anders
nie.

Geen wonder die verskillende groepe verstaan mekaar nie lekker oor die
Vrouemonument nie.

Die regering beskou die Vrouemonument as heilige grond. Die regering
sien die waardes wat die Vrouemonument verteenwoordig - soos om dank te
betuig vir oorlewing en te weeklaag oor vroue en kinders se lyding - as
spirituele waardes. En die regering wil die Vrouemonument se
spiritualiteit uitbrei na alle vroue.

Maar binne 'n sekulêre spiritualiteit wat die Grondwet sal eerbieding.
En dis waaroor die rusie nou sal gaan: Is die Vrouemonument heilige
grond binne die Christelike godsdiens of is dit heilige grond vir almal
binne die Grondwet?

Die Grondwet, tussen hakies, is in sy geheel 'n suiwer stukkie
sekulêre spiritualiteit. Die Grondwet buig die knie voor God, maar nie
binne 'n spesifieke godsdiens nie, terwyl dit die evangelie van
gelykheid verkondig wat, in Suid-Afrika, 'n wonderlike spirituele
waarde is.

Sekulêre spiritualiteit verklaar 'n paar verskynsels om ons. As ons as
Christene dit sou wou teëwerk, is daar maar een manier om dit te doen,
en dit is om ons eie simbole te versterk.

Dis nou amper Paasfees. In dié tyd dink ek kan ons byvoorbeeld dieper
nadink oor die feit dat Jesus ook 'n menslike liggaam gehad het.
Waarmee hy siek en bekommerde mense aangeraak het, honger mense kos
gegee het, by eensame mense gekuier het.

'n Teoloog het eenkeer 'n boek net oor Jesus se aanraking geskryf en
só afgesluit: "We can save the world through touching."

Dáár is nou vir jou 'n spirituele idee.

Prof. Christina Landman is 'n teoloog aan Unisa.
Re: Sekulere Spiritualiteit deur CHRISTINA LANDMAN [boodskap #4542 is 'n antwoord op boodskap #4534] Di, 04 April 2006 04:19 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sonder om Christina se storie volledig te lees net dit:
Miskien het die probleem met "Polisiekarre" niks met spirtualiteit te
doen nie. So ook die gevoel mbt die Vrouemonument.
Waarom huiwer mense om "Polisiekarre" nie by hulle volle, self-gekose
naam te noem nie. Bloot omdat dit op swak smaak of 'n onsmakklike naam
dui. 'n Naam wat bloot daarop gemik is om mense om te krap - mapstieks,
is ons nie verby snert wat daarop gerig is om bloot te ontstel om
publisiteit te kry nie. Ignoreer die ou groepie soos 'n stopstraat.
Ek kry die indruk dat sekere jong Afrikaners (in die verre minderheid)
nie die verantwoordelikhede wat gepaardgaan met die "nuwe" demokrasie
ten volle verstaan nie. En dat die goeie maniere wat hulle ma's hulle
geleer het nie deur die demokrasie of grondwet genegeer word nie.
Die Vrouemonument is met Afrikaner-fondse gebou. In daardie oorlog was
daar waarskynlik meer swartes wat hulle aan die kant van die Britte
geskaar het. Snaaks dat dit verswyg word - en dat die ANC nie daarop
aandring vir erkenning van die ou groepie by Britse monumente wat die
tydsgewrig herdenk nie?
Vorige onderwerp: 'n Vraagjie oor geskiedenis
Volgende onderwerp: April Fool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 11:09:48 MGT 2024