Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Boerneef se werk
Boerneef se werk [boodskap #26149] Sa, 11 September 1999 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Is daar nog ouens wat hou van Boerneef?

Die ouens wat saam met my op skool wat op Stellenbosch: Onthou julle nog
vir ou Klaasvakie?
Hy's die onnie wat Boerneef aan my "bekendgestel" het. Boerneef is oorlede
in diee eertse kwartaal van my standerd 6 ('skuus graad 8) jaar. Net toe ou
Klasie met ons aan een van Boerneef se boeke "Boplaas" begin het.
Seker om Boerneef so lekker boertig geskryf en, en 'n plaasklong sommer
dadelik met hom kon vereenselwig. My pa het toe ook Boerneef begin lees, en
baie gehou van Boerneef se beskrywing van die plaas gebeure en dinge.
Re: Boerneef se werk [boodskap #26150 is 'n antwoord op boodskap #26149] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 Sep 1999 11:50:17 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|Is daar nog ouens wat hou van Boerneef?
|
Ek is ook 'n baie groot "fan", Thys.

Het jy dalk 'n volledige boekelys van al sy publikasies?

Ek het net 'n paar gehad toe ons VSA toe gekom het - ek sal bietjie vanaand
lysie maak en kyk wat ek het.
Re: Boerneef se werk [boodskap #26151 is 'n antwoord op boodskap #26149] Sa, 11 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Is daar nog ouens wat hou van Boerneef?
>

ja, hoekom pos jy nie sommer 'n klomp van hulle nie,
dan kan ek hulle by my versameling van Afrikaanse
gedigte voeg.

Gloudina
Re: Boerneef se werk [boodskap #26172 is 'n antwoord op boodskap #26149] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ekself is 'n groot Boerneef bewonderaar. Kan nie sê dat dit nou juis van
skooldae se dinge gekom het nie (gedigte was sissie-goed), maar eerder
taamlik laat in my lewe eendag na 'n trek afgekom op my "Groot Verseboek"
van st. 8 se dae. Toe gaan sit ek sommer net daar plat op die vloer en
begin deurblaai. 'n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan...

Dan was daar later ook die TV-reeks (Ballade vir 'n enkeling, dink ek) wat
van Boerneef se gedigte in hulle temamusiek getoonset het. Laurika Rauch
e.a. het ook van sy goed getoonset. En tot vervelens toe sing skoolkore
"Die berggans het 'n veer laat val".

'n Amperse tydgenoot van Boerneef is CL Leipoldt. Hulle kom amper uit
dieselfde wêreld uit. (Boerneef se Seressekaroo (Ceres se Karoo) is in
werklikheid net sowat 100 km van Leipoldt se Clanwilliam). Ek hou baie van
sy goed ook.

Snaaks genoeg, 'n bietjie verder Noord-oos van Leipoldt en Boerneef is die
grootwordland van FA Venter (Britstown, Kenhardt, Van Wyksvlei) en hy is
definitief my gunsteling Afrikaanse skrywer. Sou die Karoo iets met die
keuse van digters en skrywers te doen h^e?

Groete,
Dries Venter

@sympatico.ca wrote in article ...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Is daar nog ouens wat hou van Boerneef?
>>
>
> ja, hoekom pos jy nie sommer 'n klomp van hulle nie,
> dan kan ek hulle by my versameling van Afrikaanse
> gedigte voeg.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: "Nooit" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: Wie sal die blom pluk Boerneef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:20:15 MGT 2024