Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Boplaas het weer toegeval
Boplaas het weer toegeval [boodskap #26144] Sa, 11 September 1999 00:00 na volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Sommer net om so 'n bietjie te "spog" met ons kaapse lenteweer.

Boplaas het weeer toegeval
deur BOERNEEF

Boplaas het weer toegeval
van wit kaop en dik kapok
soos in my vroeë kindertyd
Die berge in die noordekant
lyk net soos in my kindertyd -
tog glansender en kouer wit
en spokiger en bleker wit
as in my vroeë kindertyd
Hoe kon ek weet in daardie tyd,
by die vuurherd met sy tolbosgloed,
van die nat kapok se venynigheid?
Re: Boplaas het weer toegeval [boodskap #26166 is 'n antwoord op boodskap #26144] So, 12 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Bees wrote:

> Ek wonder al lankal oor "kapok". Is dit eintlik maar net 'n ander
> woord vir sneeu? Of is dit ryp?

Nee, ek dink nie dis net ryp nie. Ek kan vir my pa hoor praat van"kapok"
- hy het op die Olifantsrivier grootgeword, en ek dink
daar het nou en dan sneeu in die berge om die Boland geval,
en in die Koue Bokkeveld. Maar hoe die Maleisiese woord
vir "kapok" - wat iets soos die wit materiaal binne in katoenbolle is -

nou sneeu geword het in die Kaap, is baie wonderlik. Die Maleise
slawe moes dit seker gesien het (vir die eerste keer in hulle lewe?)
- en al wat hulle kon dink is dat dit soos "kapok" lyk.

Gloudina

>
Re: Boplaas het weer toegeval [boodskap #26226 is 'n antwoord op boodskap #26144] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Juis! Een en dieselle ding!
In die trant van lieg en jok. Ek dink net dat kapok dalk die sagte neerval
van ligte sneeu is, en by gebrek aan sneeustorms van 'formaat' soos daar in
die VSA en Kanada voorkom, praat ons mense van 'kapok'. (Beide werk- en
naamwoorde).
Kapok kan ook iets sags wees, soos waarmee kleiner voëltjies hulle nessies
'voering'.
Ek weet daar is ook iets soos 'n kapokbossie waarvan die saad in sulke
sagte fyn donsige hare gevorm is juis om deur voëls versprei te kan word.
Waar's die botaniste / plantkenners hier op die ng?
Dus: Kapok = sneeu!
@sympatico.ca wrote in message
...
> Bees wrote:
>
>> Ek wonder al lankal oor "kapok". Is dit eintlik maar net 'n ander
>> woord vir sneeu? Of is dit ryp?
>
> Nee, ek dink nie dis net ryp nie. Ek kan vir my pa hoor praat van"kapok"
> - hy het op die Olifantsrivier grootgeword, en ek dink
> daar het nou en dan sneeu in die berge om die Boland geval,
> en in die Koue Bokkeveld. Maar hoe die Maleisiese woord
> vir "kapok" - wat iets soos die wit materiaal binne in katoenbolle is -
>
> nou sneeu geword het in die Kaap, is baie wonderlik. Die Maleise
> slawe moes dit seker gesien het (vir die eerste keer in hulle lewe?)
> - en al wat hulle kon dink is dat dit soos "kapok" lyk.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Boplaas het weer toegeval [boodskap #26227 is 'n antwoord op boodskap #26144] Ma, 13 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 11 Sep 1999 20:15:33 -0600, "Bees" wrote:

|Thys de Wet wrote in message
|news:7rd827$qg0$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
|
|> Hoe kon ek weet in daardie tyd,
|> by die vuurherd met sy tolbosgloed,
|> van die nat kapok se venynigheid?
|
|Ek wonder al lankal oor "kapok". Is dit eintlik maar net 'n ander
|woord vir sneeu? Of is dit ryp?
|
My ouma het in die Amersfoord distrik grootgeword op 'n plaas en ek het baie by
haar geleer en baie aan haar lippe gehang as sy vertel.

Sy het altyd gesê dit kapok by ons (SA) en dit sneeu oorsee waar dit dik saampak
en bly lê.

Op 'n meer weerkundige noot: Ek is op soek na 'n boek of iets wat my meer oor
sneeu sal vertel. Ek het nou al in die twee winters wat ons hier gehad het vier
soorte sneeu sien val en ek is seker my observasies is maar baie gbrekkig.

Ons het nog net twee keer in die winter van 1997 nat sneeu gehad waarmee die
kinders kon sneeuman bou - die soort wat jy kan eenkant begin oprol en dan pak
hy aan homself vas en word groter en groter soos jy hom oprol. Die meeste wat
geval het, was die seskantige kristalle wat sneeuvlokkies vorm soos hulle aan
mekaar kleef en dis die sneeu wat regtig mooi is om in te loop en om na te kyk
soos dit val. Dan kry ons ook sulke snaakse piepklein bolletjies sneeu - dit
lyk soos kopspeld koppe wat met katoen oorgetrek is en dalk bietjie kleiner
gekrimp is - dis baie droë sneeu wat soos sand oor die pad waai.

En die ander soort sneeu het ek net een keer gesien: dit was gelukkig bo-oor
ander sneeu wat reeds dik op die grond gelê het - die "vlokkies" het bestaan uit
geweldige dun skyfies ys, omtrent so groot soos 'n man se pinkie nael, maar soos
ek sê, omtrent 'n tiende van 'n millimeter dik. Soos hierdie plaatjies op die
sneeu gelê het op alle moontlike hoeke, het hulle die maanlig weerkaats en die
hele wereld in 'n skitterende Disney tekenprent verander - net met baie groter
asem-wegslaan-krag.
Re: Boplaas het weer toegeval [boodskap #26434 is 'n antwoord op boodskap #26144] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Juis! Een en dieselle ding!
> In die trant van lieg en jok. Ek dink net dat kapok
> dalk die sagte neerval
> van ligte sneeu is, en by gebrek aan sneeustorms van
> 'formaat' soos daar in
> die VSA en Kanada voorkom, praat ons mense van
> 'kapok'. (Beide werk- en
> naamwoorde).
> Kapok kan ook iets sags wees, soos waarmee kleiner
> voëltjies hulle nessies
> 'voering'.
> Ek weet daar is ook iets soos 'n kapokbossie waarvan
> die saad in sulke
> sagte fyn donsige hare gevorm is juis om deur voëls
> versprei te kan word.
> Waar's die botaniste / plantkenners hier op die ng?
> Dus: Kapok = sneeu!
> @sympatico.ca wrote in message
> ...
>> Bees wrote:
>>
>>> Ek wonder al lankal oor "kapok". Is dit eintlik
> maar net 'n ander
>>> woord vir sneeu? Of is dit ryp?
>>
>> Nee, ek dink nie dis net ryp nie. Ek kan vir my pa
> hoor praat van"kapok"
>> - hy het op die Olifantsrivier grootgeword, en ek dink
>> daar het nou en dan sneeu in die berge om die Boland
> geval,
>> en in die Koue Bokkeveld. Maar hoe die Maleisiese
> woord
>> vir "kapok" - wat iets soos die wit materiaal binne
> in katoenbolle is -
>>
>> nou sneeu geword het in die Kaap, is baie wonderlik.
> Die Maleise
>> slawe moes dit seker gesien het (vir die eerste keer
> in hulle lewe?)
>> - en al wat hulle kon dink is dat dit soos "kapok"
> lyk.
>>
>> Gloudina
>>
>>>
>>>
>>>
>>>
>>
>>
>>

'n Amerikaner wat na SA immigreer het, reken SA het nie
weer nie, maar temperatuur. Die VSA het weer. Dit is hoekom
hy SA toe gekom het.

Re: Boplaas het weer toegeval [boodskap #26435 is 'n antwoord op boodskap #26144] Sa, 18 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Sommer net om so 'n bietjie te "spog" met ons kaapse
> lenteweer.
> Boplaas het weeer toegeval
> deur BOERNEEF
> Boplaas het weer toegeval
> van wit kaop en dik kapok
> soos in my vroeë kindertyd
> Die berge in die noordekant
> lyk net soos in my kindertyd -
> tog glansender en kouer wit
> en spokiger en bleker wit
> as in my vroeë kindertyd
> Hoe kon ek weet in daardie tyd,
> by die vuurherd met sy tolbosgloed,
> van die nat kapok se venynigheid?

Jammer om die negatiewe op te haal. Het 'n berig gelees in
Die Volksblad van Matie studente wat gaan ski het. Een van
hulle vriende, 'n Mnr Genis, het gegly. Binne 10 minute het
hulle 'n mense ketting gevorm, om hom te probeer help.
Hulle hom wel uit die rivier gekry het, maar dit was te
laat. Net daarna het die son skielik opgegaan, en daar was
vrede. Laat 'n mens dink. Hel. Wat 'n mens bygeskryf het by
een van die gediggies, het iemand seker gelees en toegepas.
'n Universie�le veld van bewussyn bestaan - hierdie ng.

Vorige onderwerp: Vir Reisiger: 'n Gedig van KABIR
Volgende onderwerp: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:24:10 MGT 2024