Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » Posseël in Afrikaans?
Posseël in Afrikaans? [boodskap #25916] So, 05 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Leo Camerlynck  is tans af-lyn  Leo Camerlynck
Boodskappe: 35
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die briewe wat ek nou uit Suidelik-Afrika ontvang het posseëls wat net SA in
die Engels vermeld.

Is dit nie moontlik aksie teen die afskeep van Afrikaans te begin?

Leo Camerlynck

leo.cam...@skynet.be

http://move.to/orandie
Re: Posseël in Afrikaans? [boodskap #26088 is 'n antwoord op boodskap #25916] Do, 09 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Inge  is tans af-lyn  Inge
Boodskappe: 177
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Senior Lid
> Leo Camerlynck schreef in artikel ...
> Die briewe wat ek nou uit Suidelik-Afrika ontvang het posseëls wat net SA in
> die Engels vermeld.
>
> Is dit nie moontlik aksie teen die afskeep van Afrikaans te begin?
>

Ja, ek stem saam dat daar iets aan gedoen moet word.
Verlede jaar was ek in SA en toen was daar nog posseëls wat SA in Afrikaans
én Engels vermeld.
Hierdie jaar was ek ook in SA, maar daar was net posseëls wat SA in Engels
vermeld.
Dit het ek baie jammer gevind.
Ek is namelik 'n baie voorstander van die behoud van enige taal en dus ook
van Afrikaans.
Ek is Nederlands en ek vind dit ook baie jammer dat daar al in die
Nederlandse taal meer en meer
Engelse woorde gebruik word.
Dit het dink ek ook baie te doen met bv. die invloed van computers of die
media of wat ookal.
Maar ek dink Afrikaans het 'n groter gevaar om afgeskeep te word of erger
nog om vergeet te word.
Afrikaans het vir my 'n warm plekkie in my hart.
Dis so mooi dat jy as Nederlander die taal makkelijk kan verstaan en leer
(dit sal nog nie perfek wees nie,
maar tog).
Nee, Afrikaans sal nooit mag verdwyn nie.
Ek hoop dat daar genoeg aksie sal wees vir die behoud van Afrikaans.
En dinge soos 'n posseël is iets kleins, maar baie belangrik.
Ek dink 'n mens kan nooit te vroeg begin om aksie te onderneem.

Groete uit NL,
Inge
Vorige onderwerp: Enige goeie idees vir 'n deurmekaar leerling?
Volgende onderwerp: - Het jy 'n kamera?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:02:48 MGT 2024