Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25586] Do, 26 Augustus 1999 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"PAT" wrote:

>
> Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
> van die gedigte
> spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik nie.
>
> Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
> hierdie nuusgroep? Soek julle pen pelle? Ons wat oorsee woon
> behoort aan hierdie
> groep om ons taal te probeer behou, en gedigte is groot deel
> daarvan.

Dis nou vrek interessant dat mense vra wat Afrikaners in Suid-Afrika
soek op 'n nuusgroep vir Afrikaanse kultuur!

Miskien moet mens dink oor 'n antwoord :-)

>
> En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
> gevegte nie, en ek
> wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat Leendert
> goed te persoonlik aantrek,

Ek dink, as mens persoonlik uitgeskel is vir 'n "apartheidsvark" (en
baie soortgelyke dinge) dan sou dit heel sieklik wees om jou dit _nie_
persoonlik aan te trek nie.

> en dan val hy Gloudina persoonlik
> aan. Kan mens nie stry sonder om nasty en persoonlik te raak
> nie?

Ek dink mens kan stry sonder om persoonlik te raak. Dit hang af wat die
onderwerp van die argument is. As iemand gesag vir sy argumente soek in
sy persoonlike voortreflikheid, dan word sy persoonlike voortreflikheid
'n legitieme onderwerp vir bespreking.

(In die howe geld 'n soortgelyke reël: Mens mag nie getuienis lewer oor
iemand se reputasie nie - ten sy hy self sy reputasie te berde bring.)

In die mees onlangse geval onder bespreking het Gloudina aanspraak
gemaak op gesag oor die onderwerp van die Christelike geloof op grond
van die Christelike opvoeding wat sy self gekry het. Daar is geen ander
gevolgtrekking moontlik nie, as dat aanwysbare gebreke in haar kennis
dan ook aan daardie opvoeding gewyt moet word.

Die punt is dit: Sy het self die onderwerp van haar eie opvoeding te
berde gebring en die onderwerp van gesprek gemaak. En sy het geen ander
bron voorgehou waaraan haar gebrekkige kennis gewyt kan word nie.

Daarby moet jy my standpunt voeg, dat ons nie die skade kan oorskat wat
soetsappige "bybelstories" veroorsaak in die opvoeding van kinders nie.
Dit het dieselfde effek as die "pienk boekies" vir vroue waarteen
Christina Landman so te velde trek. (En Lux Verbi het waaragtig haar
jongste boek oor Hooglied 'n pienk omslag gaan gee!)

Ek vrees Gloudina se standpunte oor Christelike geloof is stewig in die
"pienk boekie"-kader.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Vorige onderwerp: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Volgende onderwerp: "Ek het 'n huisie by die see" deur H.A. FAGAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:12:34 MGT 2024