Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25550] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Boerboel  is tans af-lyn  Boerboel
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,
lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
nuusgroep nie.

Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.

So, why?
Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25551 is 'n antwoord op boodskap #25550] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Boerboel, why, because ou!!

Ons wat in die buiteland sit hoor NOOIT Afrikaans nie, en baie
van die gedigte
spreek ons aan op maniere wat ons nie kan verduidelik nie.

Ek kan liewers vra wat maak julle wat in Suid-Afrika woon op
hierdie nuusgroep? Soek julle pen pelle? Ons wat oorsee woon
behoort aan hierdie
groep om ons taal te probeer behou, en gedigte is groot deel
daarvan.

En ja, ek voel ook nie lekker oor die Leendert en Gloudina
gevegte nie, en ek
wil geensins kant kies nie, maar dit voel my net dat Leendert
goed te persoonlik aantrek, en dan val hy Gloudina persoonlik
aan. Kan mens nie stry sonder om nasty en persoonlik te raak
nie?

Pat

@sympatico.ca wrote in article
...
> Boerboel wrote:
>
>> Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
>> gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
>> nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,
>> lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
>> nuusgroep nie.
>>
>> Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
>> plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.
>>
>> So, why?
>
> Boerboel, het jy nog nie gehoor van die Derde Taalbeweging wat besigis om te
> ontstaan in die Derde Afrikanerstaat na die Derde Vryheids-oorlog
> waar die ware Afrikaans-sprekendes besig is om die oorlog te wen teen
> die hensoppers en die hanskakies nie?
>
> Die tannie wat die voorsitster is van die taalkomitee van die
> Derde Taalbeweging.
>
Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25582 is 'n antwoord op boodskap #25550] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> Boerboel wrote:
>
>> Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
>> gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
>> nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,
>> lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
>> nuusgroep nie.
>>
>> Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
>> plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.
>>
>> So, why?
>
> Boerboel, het jy nog nie gehoor van die Derde Taalbeweging wat besigis om te
> ontstaan in die Derde Afrikanerstaat na die Derde Vryheids-oorlog
> waar die ware Afrikaans-sprekendes besig is om die oorlog te wen teen
> die hensoppers en die hanskakies nie?
>
> Die tannie wat die voorsitster is van die taalkomitee van die
> Derde Taalbeweging.

Ohopoho - soos Johan sê - so 'n maklike teiken! Dis nou die Antie wat
se kinders net Engels kan praat? Boem Gwaraboem! Ware Afrikaans
sprekendes! Doef! Plat op haar sterre!
Vorige onderwerp: Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Volgende onderwerp: Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 00:29:29 MGT 2024