Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25548] Wo, 25 Augustus 1999 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Aug 1999 10:13:57 -0700, Boerboel wrote:

|Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
|gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
|nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,

Sy het baie keer nodig om beter te voel, sy is so maklike teiken vir almal om af
te skiet - in daai lig verrig dit dus 'n reuse taak!

|lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
|nuusgroep nie.

Man, daar's nou en dan nogal 'n mooi een en nou en dan nogal kommentaar op. Ek
lees ook nie almal reg deur nie - net die wat van begin af met my praat.
|
|Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
|plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.

Jy moet haar vra om weer al die "dye trek dye aan" gedigte te pos, dan sien jy
hoe trek die dye vonke aan!
|
|So, why?
|
Why not?
Re: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep? [boodskap #25549 is 'n antwoord op boodskap #25548] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Boerboel wrote:

> Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
> gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
> nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,
> lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
> nuusgroep nie.
>
> Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
> plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.
>
> So, why?

Boerboel, het jy nog nie gehoor van die Derde Taalbeweging wat besigis om te
ontstaan in die Derde Afrikanerstaat na die Derde Vryheids-oorlog
waar die ware Afrikaans-sprekendes besig is om die oorlog te wen teen
die hensoppers en die hanskakies nie?

Die tannie wat die voorsitster is van die taalkomitee van die
Derde Taalbeweging.
Vorige onderwerp: Re: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: Wat is die doel met gedigte in die nuusgroep?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:21:29 MGT 2024