Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afgedankte Onderwyser
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy asb. die nuusgroep se besonderhede gee Royleen?
Ek het nog nie van dit gehoor nie.

PAT

roybob wrote in article
...
> Ek lees in die clari.world.africa.south_africa nuusgroep dat 'n onderwyser
> in Cullinan afgedank is nadat hy uit Herman Charles Bosman se werk aangehaal
>
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24272 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jun 1999 09:18:22 +1000, "roybob" wrote:
|seker wonder. Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
|heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
|private geselskap gebruik.
|
Ooepsie! Wat van my kopie van The Power of One? Hy gee die liberale
standpunt, maar die taalgebruik is steeds ewe illustratief.... Ek sal
hom maar van die koffietafel afhaal....

(goeie bliksem, watse vinnige voetwerk doen ek nie nou self om
Polities korrek te probeer wees nie...?!?!?! Ek verstom myself, sê
ek vir myself.)

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24273 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

>
>
> En ek wonder of die twee insidente
> dan ook die volgende in gemeen gehad
> het: dat dit in die publieke forum
> (eksamenvraestel, nuusgroep) ingegooi
> is sonder enige voorafgaande voorbe-
> reiding van die leser om te weet dat
> die pos daarvan nie net as blatant
> rassisties beskou kan word nie. Ek
> dink, as die onderwyser enige savvy
> gehad het, hy hierdie soort ding in
> sy klas op die studente sou uittoets,

Hoe weet jy hy het dit nie gedoen nie?

> maar dit nie in 'n eksamenvraestel
> sou laat verskyn nie.

Waarom nie?

> Charles Herman
> Bosman moet in konteks gesien word,

Op die oog af, reken ek, sou ek geneigd wees om te aanvaar dat iemand wat
drie Afrikatale (vier, as jy Afrikaans insluit, soos mens moet) vlot kan
praat, in staat is om die konteks van Bosman te beoordeel vir sy hedendaagse
leerders. Tensy daar goeie getuienis tot die teendeel is, dink ek mens is
geregtig om te aanvaar dat hy beslis meer gevoelig is vir die konteks as jy,
wat jou kennis van Afrikatel blykbaar beperk het tot enkele (foutiewe)
statistiese gegewens oor die verbuiging van die werkwoord in Zulu.

> net soos Huckleberry Finn en Tom
> Sawyer hier in Noord-Amerika in
> verskeie skooldistrikte met baie
> groot versigtigheid behandel word,
> en in sommige skole selfs verban is
> as leermateriaal.

Ek neem aan dat dieselfde skole en skooldistrikte daarop aanspraak maak dat
hulle leerders toerus met die vermoë tot "critical thinking" (net soos ons
onderwysdepartement voorgee om dit te doen).

Die verbanning van Bosman (en Twain) laat my dink aan 1976.

Dit was een van die uitgeweke Duitse skrywers wat in die dertigerjare
verklaar het, toe die Nazis begin het om boeke te verbrand, dat "enigeen wat
boeke verbrand sal eersdaag ook mense verbrand".

Die gebeure wat gevolg het op die boekeverbrandery van '76 het getoon dat
die geldigheid van hierdie uitspraak nie beperk was tot die Nazis nie.

Maar ons het hier (en elders) ook gesien dat hulle wat boeke verban,
inderdaad ook graag mense verban.

Kom ons kyk wat gebeur. Die SA onderwyswette het juis daardie elemente
oorgeneem uit vorige wetgewing wat daarvoor toelaat dat kinders met spesiale
leerbehoeftes van hul ouers verwyder mag word vir die doel van "spesiale
onderwys". En "spesiale onderwys" sluit in mediese en psigiatriese
behandeling, insuitende die uitvoer van operasies op sulke kinders.

Wat die huidige regering daaraan toegevoeg het, is om "the gifted and
talented" in te sluit by die kategorie "learners with special education
needs" - wat van hul ouers verwyder mag word.

Dus: ons het die eerste voorbeeld gesien van 'n onderwyser wat uit die
klaskamer verband word. Kom ons kyk waar dit eindig.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24274 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Jun 1999 12:20:03 GMT, wrote:

| sou laat verskyn nie. Charles Herman
| Bosman moet in konteks gesien word,
| net soos Huckleberry Finn en Tom
| Sawyer hier in Noord-Amerika in
| verskeie skooldistrikte met baie
| groot versigtigheid behandel word,
| en in sommige skole selfs verban is
| as leermateriaal.
|
Ek sê die goed is nou geskryf en nou moet daar nie meer beperking op die lees
daarvan geplaas word nie - in skole byvoorbeeld moet sulke boeke gebruik word om
studente te leer dat so iets kwetsend kan wees.

Om kapsie te maak teen die gebruik van sekere woorde is ook maar net om 'n
pleister te plak op 'n swerende wond. Kyk maar hoe het baie mense gepraat van
Naturelle en later van Paralelle, net omdat die naam van die staatsdepartement
telkens verander het om nie meer kwetsend te wees nie.

Twee witmense sal HCB lees en een sal aanstoot neem en een sal dit in konteks
sien waarin dit gekryf is.
Twee swart mense sal GCB lees en een sal 'n kadenza hê en een sal dit in konteks
sien waarin dit geskryf is.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24275 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"PAT" wrote:

Pat, ek het net eendag die woorde "South Africa" ingetik en toe kom die
lys van verskillende nuusgroepe met Suid-Afrikaanse konneksies te
voorskyn. Probeer die naam intik soos ek dit in my eerste pos gegee
het (clari.world.africa.south_africa) - jy behoort dit so onder die
nuusgroepe in jou "server" te kry. Dit is 'n baie goeie groep - slegs
berigte uit koerante van verskillende groepe (Reuters, ens.). Geen
besprekings nie - baie goeie berigte en dit hou mens goed in kontak met
wat in die land aangaan.

Ook in die groep het hulle Mbeki se "speech of the nation" gepos. Baie
interessant. Mens kan maar net hoop dat dade sy woorde sal volg.

Groete
Royleen

> Kan jy asb. die nuusgroep se besonderhede gee Royleen?
> Ek het nog nie van dit gehoor nie.
>

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24276 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:

> Die Afrikaners is as
> duiwels geteken, net soos die wereld
> vandag geneig is om die Serbiese mense
> te teken. En wie het die las op die
> Serbiese mense geplaas? En wie het
> die las op die Afrikaners geplaas?
>

Sotte soos jy, hoofsaaklik, wat CNN aanhaal as bron vir jou
ikonografie. En wat so haastig is om nog "ikone" te sanktifiseer
(onthou Angelina?)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24277 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Jun 1999 16:36:27 GMT, wrote:

| is. Dis juis daarom dat dit so dom is
| om so 'n aanhaling in 'n eksamenvraestel
| te sit, al beoog jy miskien om die
| leerlinge te toets oor wie wat geskryf
| het. En in die klimaat van rasseverhoudings
| in Suid-Afrika vandag, het so 'n onderwyser
| net sonde gesoek, al was sy bedoelings
| goed.
|
OK, so far sou good. Sou dit dan ooit nie-sonde-soek wees om sulke gedigte in
skoolverband te gebruik nie.
Dan klink dit ons is wer terug onder 'n apartheidsregering.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24278 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,

> Om kapsie te maak teen die gebruik van sekere woorde is ook maar net om 'n
> pleister te plak op 'n swerende wond.

Herinner my nou so aan die geval 'n paar jaar terug toe 'n vroumens die
boek "Magersfontein, O, Magersfontein" van Etienne Leroux van die rakke
afgekry het oor sy gebruik van sekere kras woorde. As ek reg onthou,
was haar gunsteling skrywers Ena Murray en diesulkes...

Alles moet in konteks gelees word. In die artikel wat ek op die
nuusgroep gelees het, het Chris Roos verduidelik dat hy wel in die klas
aan die leerlinge verduidelik het dat die woord beledigend, onwettig,
rassisties en "offensive" is, maar hy het ook verduidelik waarom juis
die woord gebruik is. Hy het juis die teks gebruik om te wys dat almal
dieselfde is wanneer jy sterf, soos wat dit in die boek aangedui word.

En voordat ek aangeval word omdat ek net 'n deel van die artikel
herhaal het: ek het aangeneem dat die meeste van ons wel die artikel
gelees het aangesien ons almal op die Internet is en toegang tot die
nuusgroepe het.

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24279 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Wat my meer interesseer is die amper perfekte ooreenkomste tussen die
> besonderhede van Roos se storie, en die een wat gelei het tot Henri Burger
> se verguising en sy gevolglike "bedanking" uit hierdie nuusgroep. Dit was
> ook Herman Charles Bosman. Verskillende storie, maar met dieselfde
> strekking, en aangewend in byna identiese omstandighede.
>
> Albei hierdie insidente demonstreer die onderdrukking van vrye spraak en
> vrye meningswisseling onder die dekmantel van politieke korrektheid. Die
> growwe ironie is dan juis dat politieke korrektheid in hierdie gevalle
> besonder kragtige boodskappe wat _antirassities_ is smoor voordat die
> boodskap sy impak kan maak.
>
> Politieke korrektheid mag "passe" wees, soos Gloudina beweer.
>
> Maar dis alive and well in Suid-Afrika en in hierdie nuusgroep.

En ek wonder of die twee insidente
dan ook die volgende in gemeen gehad
het: dat dit in die publieke forum
(eksamenvraestel, nuusgroep) ingegooi
is sonder enige voorafgaande voorbe-
reiding van die leser om te weet dat
die pos daarvan nie net as blatant
rassisties beskou kan word nie. Ek
dink, as die onderwyser enige savvy
gehad het, hy hierdie soort ding in
sy klas op die studente sou uittoets,
maar dit nie in 'n eksamenvraestel
sou laat verskyn nie. Charles Herman
Bosman moet in konteks gesien word,
net soos Huckleberry Finn en Tom
Sawyer hier in Noord-Amerika in
verskeie skooldistrikte met baie
groot versigtigheid behandel word,
en in sommige skole selfs verban is
as leermateriaal.

Gloudina
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24280 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die storie van Herman Charles Bosman wat verban word uit die skool herinner
my aan die polemiek in die VSA oor Mark Twain. In verskeie state is Twain se
werke glo nou verbode vir skole (en selfs openbare biblioteke) omdat hy
woorde soos "nigger" gebruik.

Soos in die geval van Bosman is die ironie juis dat Twain 'n sterk
antirassistiese boodskap het.

Na aanleiding van die uitspraak oor die Franse revolusie kan ons miskien
verklaar: "Politieke korrektheid verteer sy eie kinders".

roy...@my-deja.com wrote in message ...
> In article ,
> e...@dot.com wrote:
>
> Te laat, mens! Jy weet mos nou al dat jy laaaankal uitgeruik is... Ek
> moet se ek het self 'n paar boeke hier (hoogs aangeskrewe literere
> werke) wat ek seker ook nou maar onder die tafel moet inskop...
>
> Groete
> Royleen
>
>> Ooepsie! Wat van my kopie van The Power of One? Hy gee die liberale
>> standpunt, maar die taalgebruik is steeds ewe illustratief.... Ek sal
>> hom maar van die koffietafel afhaal....
>>
>> (goeie bliksem, watse vinnige voetwerk doen ek nie nou self om
>> Polities korrek te probeer wees nie...?!?!?! Ek verstom myself, sê
>> ek vir myself.)
>
>
> Sent via Deja.com http://www.deja.com/
> Share what you know. Learn what you don't.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24281 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes: > On 28 Jun 1999 12:20:03 GMT, wrote:


> Twee witmense sal HCB lees en een sal aanstoot neem en een sal dit in konteks
> sien waarin dit gekryf is.

Nee Johan, enigiemand wat 'n kortverhaal
van Bosman enduit lees, sal dadelik die
konteks snap, en sien wat Bosman beoog
met die dialoog of monoloog wat hy
beplan het. Dis net iemand wat Bosman
heel uit konteks aanhaal, wat sonde
soek. Want dan loop hy die gevaar dat
mense wat Bosman nie ken nie, kan dink
dat wat hy aanhaal, Bosman se opinies
is. Dis juis daarom dat dit so dom is
om so 'n aanhaling in 'n eksamenvraestel
te sit, al beoog jy miskien om die
leerlinge te toets oor wie wat geskryf
het. En in die klimaat van rasseverhoudings
in Suid-Afrika vandag, het so 'n onderwyser
net sonde gesoek, al was sy bedoelings
goed.

Gloudina
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24282 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

Ooepsie! Wat van my kopie van The Power of One? Hy gee die liberale
> standpunt, maar die taalgebruik is steeds ewe illustratief.... Ek sal
> hom maar van die koffietafel afhaal....
>
> (goeie bliksem, watse vinnige voetwerk doen ek nie nou self om
> Polities korrek te probeer wees nie...?!?!?! Ek verstom myself, sê
> ek vir myself.)

Een van ons seuns het die film
"The Power of One" vir sy pa vir
Father's Day persent gegee (deels
omdat hy skuldig voel dat hy ons
kopie van die boek nie kan kry nie,
nadat hy dit laas geleen het.) Ek
het die film dus 'n paar dae gelede
weer bekyk. Behalwe vir die eerste
deel, is die film vir my irriterend,
en ek besef ook nou vir die eerste
keer dat die ding in Zimbabwe moes
verfilm gewees het.

Maar dit was vir my weer 'n skok om
te sien hoedat die Afrikaners
uitgebeeld was (behalwe vir die paar
simpatieke karakters.) Die film was
gemaak voordat die Pretoriase Muur
geval het. Die Afrikaners is as
duiwels geteken, net soos die wereld
vandag geneig is om die Serbiese mense
te teken. En wie het die las op die
Serbiese mense geplaas? En wie het
die las op die Afrikaners geplaas?

Gloudina
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24283 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:

Te laat, mens! Jy weet mos nou al dat jy laaaankal uitgeruik is... Ek
moet se ek het self 'n paar boeke hier (hoogs aangeskrewe literere
werke) wat ek seker ook nou maar onder die tafel moet inskop...

Groete
Royleen

> Ooepsie! Wat van my kopie van The Power of One? Hy gee die liberale
> standpunt, maar die taalgebruik is steeds ewe illustratief.... Ek sal
> hom maar van die koffietafel afhaal....
>
> (goeie bliksem, watse vinnige voetwerk doen ek nie nou self om
> Polities korrek te probeer wees nie...?!?!?! Ek verstom myself, sê
> ek vir myself.)

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Afgedankte Onderwyser [boodskap #24284 is 'n antwoord op boodskap #24271] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
roybob wrote in message ...
> Ek lees in die clari.world.africa.south_africa nuusgroep dat 'n onderwyser
> in Cullinan afgedank is nadat hy uit Herman Charles Bosman se werk aangehaal
> het in 'n eksamenvraestel. Vir die van ons wat oorse bly, die volgende
> aanhaling het hom blykbaar sy werk gekos: "Alive, you couldn't go wrong in
> distinguishing between a white and a kaffir. Dead, you had a great
> difficulty in telling them."
>
> Nou ja, dit lyk vir my of mens maar baie versigtig moet wees met die
> aanhalings wat mens kies vir 'n vraestel. Ook maar goed ek het afgetree op
> so 'n vroee ouderdom. Ek dink nie ek sou oorleef het in die nuwe
> Suid-Arikaanse onderwysstelsel nie - ek het altyd my leerlinge uitgelok met
> interessante aanhalings.
>
> Die skoolhoof ontken dat dit die rede vir sy afdanking was, maar mens moet
> seker wonder. Volgens die artikel is die gebruik van die woord "kaffer"
> heeltemal onaanvaarbaar sedert 1994 en word dit net deur wit rassiste in
> private geselskap gebruik.

Die skoolhoof (Joe Coetzee) beweer Chris Roos is afgedank omdat hy
gekwalifiseer is as hoërskoolonderwyser, terwyl hy 'n Graad 6-klas onderrig.
Niemand glo die skoolhoof nie - selfs nie The Star nie. The Star haal wel
vir Roos aan: "I am not a racist. I speak three African languages, and once
taught IsiZulu at Hoërskool Kempton Park" he said in fluent Sepedi.

Roos het nou blykbaar 'n pos gekry as instrukteur vir sweeftuigvlieëniers in
Pietersburg.

O ja, en Roos het toe bedank voordat hulle hom kon afdank.

Wat my meer interesseer is die amper perfekte ooreenkomste tussen die
besonderhede van Roos se storie, en die een wat gelei het tot Henri Burger
se verguising en sy gevolglike "bedanking" uit hierdie nuusgroep. Dit was
ook Herman Charles Bosman. Verskillende storie, maar met dieselfde
strekking, en aangewend in byna identiese omstandighede.

Albei hierdie insidente demonstreer die onderdrukking van vrye spraak en
vrye meningswisseling onder die dekmantel van politieke korrektheid. Die
growwe ironie is dan juis dat politieke korrektheid in hierdie gevalle
besonder kragtige boodskappe wat _antirassities_ is smoor voordat die
boodskap sy impak kan maak.

Politieke korrektheid mag "passe" wees, soos Gloudina beweer.

Maar dis alive and well in Suid-Afrika en in hierdie nuusgroep.

En eintlik so primitief, nie waar nie?
Vorige onderwerp: Re: "hou van het leven" van André van Duin
Volgende onderwerp: Re: History
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:15:42 MGT 2024