Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Piekel-oog
Piekel-oog [boodskap #22518] Di, 20 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wie ken die woord “piekel-oog” vir ‘n voëlnaam?
Alhoewel ek nie meer goed kan onthou hoe lyk ‘n
piekel-oog nie, weet ek dat ek met die woord groot-
geword het. My man ken die naam egter nie en kry
dit ook nie in sy SA boeke oor vo”els nie.
Ek weet dat ek nie droom nie. Die anderdag het
ek ‘n gedig van George Weideman oor plaasgeluide
op die nuusgroep geplaas, en daar het hy van die
piekeloë gepraat en daarna slinks na piccolos verwys.
Nou, George Weideman se gedigte speel meestal af in
die westelike dele van SA. So hy en ek is seker voëls
van enerse vere - Noordweskaaplanders.
My man het ‘n teorie: dat wat ek ‘n piekel-oog noem,
hulle in die Oos-Kaap “tiptolle” genoem het. Sy boeke
oor voëls vertel hom dat die rooi-oog tiptol meestal in
die noordwestelike dele van SA, Namibia en tot in
Angola voorkom. Is dit my “piekeloog”?
Wie ken die woord “piekel-oog” en hoe lyk ‘n
piekel-oog?

Gloudina
Re: Piekel-oog [boodskap #22519 is 'n antwoord op boodskap #22518] Di, 20 April 1999 00:00 Na vorige boodskap
Republikein  is tans af-lyn  Republikein
Boodskappe: 5
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ons noem hulle Pieterpolle in Namibië, of soms "botterholle" weens die geel
gatjies :-)

@igs.net wrote in message ...
> My man het 'n teorie: dat wat ek 'n piekel-oog noem,
> hulle in die Oos-Kaap "tiptolle" genoem het. Sy boeke
> oor voels vertel hom dat die rooi-oog tiptol meestal in
> die noordwestelike dele van SA, Namibia en tot in
> Angola voorkom. Is dit my "piekeloog"?
> Wie ken die woord "piekel-oog" en hoe lyk 'n
> piekel-oog?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: If there are no genetic differences, how can Kosovo be called genocide? How evolution plays out in war.
Volgende onderwerp: Griekwa Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:14:59 MGT 2024