Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Sonnekering
Sonnekering [boodskap #3269] Do, 18 Desember 2003 20:32
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, elkeen,

Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
in Vlaandere is die dae nou baie kort en koud. Dis 'n wonder dat die
son nog wil skyn.
Ek het hier enige fotos gemaak van hoe dit gaan hier rond die huis.
Sien hier die eerste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Dagen_rond _solstitium.jpg
(166 kB)
Hierdie foto het ek geneem om 15.45 u in die namiddag. Julle sien
meteen hoe lang die skaduwees van die huise is en hoe swak die son
skyn. Dis slegs 4-5 grade Celsius buite.
Sien ook die ander een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Lange_scha duw.jpg
(210 kB)
Ek staan hier naas 'n straatpaal van die kraglyn. Daardie paal is
slegs 5-6 meters hoog maar sy skaduwee is wel 100 meters lang! Hierdie
foto het ek ook geneem om 15.45u.
Nou hier die laaste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Fles_met_v ogelzaad.jpg
(177 kB)
Ek het in my tuin 'n spesiale voerbottel opgehang vir die klein
sangvoëls (vinke, musse, mese) wat in die winter hier bly. Daar gaan
ongeveer 'n halwe kilo saadjies in. Die laaste keer het ek hierdie
bottel opgevul Maandagnamiddag en soos julle sien (dis nou Donderdag)
is die bottel al bykans leeg!). My tuin is darem 'n egte voëltuin nou
maar hulle eet my arm. Ek hoop hulle sal bly as die lente terugkom;
dan kan hulle insekte en wurms eet in my groentetuin.

Baie groete vir julle almal daar in Suid-Afrika! Ek het gelees julle
smelt van die warmte! Hier staan agter die huis 'n emmer met reenwater
en daar het vanmôre nog 3 sentimeter ys op gestaan!

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: pisseleer
Volgende onderwerp: Skenk jou tyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Okt 06 05:35:31 MGT 2024