zama-zama [boodskap #147036] |
Ma, 18 November 2024 19:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20750 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
zama-zama
Afbreking: za•ma-za•ma
Samestelling: zama + zama
Selfstandige naamwoord: zama-zama
Meervoud: zama-zamas
Betekenis:
• 'n Onwettige myner. Persoon wat delfstowwe teen die wet uit verlate myne opgrawe.
Gebruik:
• Talle zama-zamas is in verlate mynskagte vasgekeer en sit sonder kos of water.
Vertaling:
Engels: illegal miner
Nederlands: illegale mijnwerker
Nota:
• Van Zoeloe -zama, die stam van ukuzama ("om iets te probeer bekom").
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|