dril [boodskap #147003] |
Vr, 15 November 2024 19:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20718 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dril
Afbreking: dril
Werkwoord: dril
Verlede tyd: het gedril
Betekenis:
• Om liggies te bewe, te skud of te tril.
• Om iemand af te rig; oefeninge te laat doen.
• (anglisisme) Om te boor.
Gebruik:
• Sy pens dril van die vet. Die meisies se boudjies het so mooi gedril.
• Die soldate dril op die paradegrond. Die afrigter het die rugbyspan gedril.
• Die vakman dril 'n gat in die plank.
Sinoniem:
• afrig
• brei
• dissiplineer
• leer
Afgelei:
• drillerig
• drilsel
• indril
Vertaling:
Engels: to quiver, shake; to coach; to drill
Nederlands: drillen
Selfstandige naamwoord: dril
Meervoud: drille
Betekenis:
• 'n Oefening wat herhaal word.
Gebruik:
• Val in! Julle ken al die dril.
Afgelei:
• drilinstrukteur
• drilmeester
• drilmetode
• driloefening
• drilsaal
• drilsersant
• drilsessie
• drilvertoning
• drilwerk
Vertaling:
Engels: drill, exercise, practice
Nederlands: oefening
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|