Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verhandeling
verhandeling [boodskap #146995] Do, 14 November 2024 12:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20713
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhandeling
Afbreking: ver•han•de•ling
Samestelling: verhandel + -ing


Selfstandige naamwoord: verhandeling
Meervoud: verhandelinge, verhandelings
Verkleinwoord: verhandelinkie
Meervoud van verkleining: verhandelinkies

Betekenis:
• 'n Formele, sistematiese en wetenskaplike uiteensetting van 'n bepaalde onderwerp.
• Die daad van verhandel; 'n transaksie uitvoer.

Gebruik:
• Phil Hockey was 'n bekende ornitoloog wat sy doktorale verhandeling oor die swarttobie gedoen het.
• Deesdae het makelaars het webtuistes wat die verhandeling van aandele toelaat.

Sinoniem:
• dissertasie
• proefskrif
• referaat
• skripsie
• tesis

Hiponiem:
• aandeleverhandeling
• meestersverhandeling
• navorsingsverhandeling

Vertaling:
Engels: treatise, dissertation, discourse, essay; trading
Nederlands: verhandeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vroeg-vroeg
Volgende onderwerp: doktoraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 14 23:06:37 MGT 2024