tandeloos [boodskap #146993] |
Do, 14 November 2024 08:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20713 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tandeloos
Afbreking: tan•de•loos
Samestelling: tande + -loos
Byvoeglike naamwoord: tandeloos
Attributief: tandelose
Betekenis:
• Sonder tande in die mond.
• (figuurlik) Wat onskadelik of magteloos is.
Gebruik:
• Die luiaard is 'n tandelose soogdier.
• Artikel 235 van ons grondwet, die reg tot selfbeskikking, blyk tandeloos te wees.
Afgelei:
• tandeloosheid
Vertaling:
Engels: edentate; toothless
Nederlands: tandeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|