streepsuiker [boodskap #146988] |
Wo, 13 November 2024 18:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20712 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
streepsuiker
Afbreking: streep•sui•ker
Samestelling: streep + suiker
Selfstandige naamwoord: streepsuiker
Meervoud: –
Betekenis:
• (informeel) 'n Drag slae.
Gebruik:
• As jy nie luister nie gaan jy streepsuiker kry.
Sinoniem:
• afranseling
• loesing
• pak
• siepsop-en-braaiboud
• slae
Vertaling:
Engels: a hiding, thrashing
Nederlands: een pak slaag
Nota:
• "Streep" verwys na die merke op jou boude en "suiker" na die feit dat dit goed is vir jou.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|