verwerking [boodskap #146983] |
Wo, 13 November 2024 11:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20712 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwerking
Afbreking: ver•wer•king
Samestelling: verwerk + -ing
Selfstandige naamwoord: verwerking
Meervoud: verwerkinge, verwerkings
Betekenis:
• Die handeling om iets te verwerk.
Gebruik:
• Die berging, verwerking en bereiding van voedsel moet op 'n veilige en higiëniese wyse geskied.
Sinoniem:
• aanpassing
• bearbeiding
• omwerking
• prosessering
• verandering
• veredeling
Hiponiem:
• beenverwerking
• breinverwerking
• dataverwerking
• grondstofverwerking
• inligtingsverwerking
• lotverwerking
• masjienverwerking
• teksverwerking
• voedselverwerking
• voorverwerking
• woordverwerking
Afgelei:
• verwerkingseenheid
• verwerkingspoed
• verwerkingstempo
• verwerkingstyd
Afkorting:
• verw.
Vertaling:
Engels: processing
Nederlands: verwerking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|