intyds [boodskap #146950] |
Sun, 10 November 2024 07:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
intyds
Afbreking: in•tyds
Samestelling: in + tyd + -s
Byvoeglike naamwoord: intyds
Attributief: intydse
Betekenis:
• Op die tyd wat iets plaasvind.
• Net betyds vir waarvoor iets benodig word.
Gebruik:
• Ons kon die rugby intyds deur die internet kyk.
• Die stroomdiens bied intydse toegang tot rolprente, TV-programme en musiek.
Sinoniem:
• betyds
• tydig
Vertaling:
Engels: in time, in real time, timely
Nederlands: intijds
Nota:
• Dikwels 'n bywoord van tyd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|