skandmerk [boodskap #146947] |
Sa, 09 November 2024 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20689 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skandmerk
Afbreking: skand•merk
Samestelling: skand + merk
Selfstandige naamwoord: skandmerk
Meervoud: skandmerke
Verkleinwoord: skandmerkie
Meervoud van verkleining: skandmerkies
Betekenis:
• 'n Teken van skande (fisies of figuurlik).
Gebruik:
• 'n Skandmerk is met 'n gloeiende yster op die misdadiger se voorkop ingebrand.
Sinoniem:
• brandmerk
• skandteken
• skandvlek
• stigma
Vertaling:
Engels: mark of infamy, stigma
Nederlands: schandmerk
Werkwoord: skandmerk
Verlede tyd: het geskandmerk
Betekenis:
• Om 'n merk van skande aan te bring.
Gebruik:
• Al die slawe wat weggeloop het is geskandmerk.
Vertaling:
Engels: to stigmatise
Nederlands: schandmerken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|