Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groendakkies
groendakkies [boodskap #146942] Sa, 09 November 2024 11:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20689
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
groendakkies
Afbreking: groen•dak•kies
Samestelling: groen + dak + -ies


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: groendakkies

Betekenis:
• 'n Psigiatriese hospitaal of gestig vir sielsiekes. Inrigting vir geestelik versteurde mense, omdat die plekke se dakke dikwels groen is (of was).

Gebruik:
• Die man is na groendakkies gestuur vir psigiatriese evaluering.

Sinoniem:
• gestig
• malhuis

Vertaling:
Engels: insane asylum, psychiatric ward
Nederlands: psychiatrische instelling

Nota:
• Wes-Koppies in Pretoria en Stikland in Bellville is voorbeelde hiervan.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veranda
Volgende onderwerp: bejaardesorg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 13 02:47:48 MGT 2024