Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » irritasie
irritasie [boodskap #146803] So, 27 Oktober 2024 08:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20527
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
irritasie
Afbreking: ir•ri•ta•sie
Samestelling: irriteer + -asie


Selfstandige naamwoord: irritasie
Meervoud: irritasies
Verkleinwoord: irritasietjie
Meervoud van verkleining: irritasietjies

Betekenis:
• Iets wat 'n mens irriteer/ hinderlik is.
• (medies) 'n Onaangename prikkeling; iets wat seer, geswel of krapperig is.

Gebruik:
• Die bure se blaffende hond is 'n groot bron van irritasie.
• Die sap van die naboom is giftig en kan intense irritasie en blase op die vel veroorsaak.

Sinoniem:
• ergernis
• geïrriteerdheid
• prikkeling
• pynlikheid

Vertaling:
Engels: irritation
Nederlands: irritatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keelseer
Volgende onderwerp: speeksel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Okt 27 13:12:04 MGT 2024