Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versagting
versagting [boodskap #146763] Wo, 23 Oktober 2024 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versagting
Afbreking: ver•sag•ting
Samestelling: versag + -ing


Selfstandige naamwoord: versagting
Meervoud: versagtinge, versagtings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van sagter (minder hard of minder erg) maak.

Gebruik:
• Die veroordeelde het tydens vonnisoplegging om versagting gevra, aangesien hy berou het en nie 'n misdaadrekord het nie.

Sinoniem:
• matiging
• verligting
• vermindering
• verslapping
• verswakking

Hiponiem:
• beenversagting
• strafversagting

Afgelei:
• versagtingsmiddel

Vertaling:
Engels: softening
Nederlands: verzachting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: misdaadrekord
Volgende onderwerp: vervolgingsgesag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Okt 23 21:20:46 MGT 2024