Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omgaan
omgaan [boodskap #146759] Di, 22 Oktober 2024 19:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omgaan
Afbreking: om•gaan
Samestelling: om + gaan


Werkwoord: gaan om, omgaan
Verlede tyd: het omgegaan

Betekenis:
• Om rondom iets te beweeg.
• Om verby te gaan.
• Om orals besoek af te lê.
• Om tyd in ander se geselskap deur te bring.
• Om met iets te handel of te werk.

Gebruik:
• Hy horlosie se wysers gaan om en om. Wat omgaan kom terug.
• Die tyd wil net nie omgaan nie.
• Die diaken het by al die huise omgegaan om te kollekteer.
• Hy gaan altyd vriendelik en taktvol met sy werkers om.
• 'n Mens kan nie te versigtig met geld omgaan nie.

Spreekwoord:
• Aan die steelkant omgaan. [Iets onverwags doen om iemand te uitoorlê.]
• Wie met pik omgaan, word daarmee besmet. [Wie met slegte vriende deurmekaar is, word self sleg.]

Afgelei:
• omgaande

Vertaling:
Engels: to go around; to pass; to go about; to associate socially; to handle, cope, deal
Nederlands: omgaan


Selfstandige naamwoord: omgaan
Meervoud:

Betekenis:
• Sosiale interaksie tussen mense, of seksuele interaksie tussen mense.

Gebruik:
• Die omgaan met slegte vriende en prostitute mag soms lekker lyk, maar dit lei tot verderf.

Vertaling:
Engels: associating
Nederlands: omgaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nabyheid
Volgende onderwerp: uitdien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Okt 23 21:22:18 MGT 2024