Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Trekliedjie (F.A.K.-Volksangbundel)
Trekliedjie [boodskap #146689] Di, 15 Oktober 2024 19:04
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 523
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die sweep het geklap en die wawiele draai
agter die rooispan aan.
Ons hart is swaar; die skeiding is daar
van die plaas waar ons tuiste staan.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Met jou aan my sy, o liefste van my,
dan vrees ek geen gevaar.
Die wildernis in om die vryheid te win;
daar word ons drome waar.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!

Uitspan vanaand, uitspan vanaand,
uitspan op Mooifontein!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
Vorige onderwerp: Afrikaanse Musiek op Youtube
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Okt 23 21:19:11 MGT 2024