blokkade [boodskap #146683] |
Mon, 14 October 2024 19:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blokkade
Afbreking: blok•ka•de
Selfstandige naamwoord: blokkade
Meervoud: blokkades
Betekenis:
• 'n Versperring of afsluiting van 'n gebied.
Gebruik:
• Die Russe het in 1948 probeer om die ekonomie van Wes-Berlyn met 'n blokkade lam te lê.
Sinoniem:
• afsluiting
• barrikade
• hindernis
• versperring
Hiponiem:
• hongerblokkade
• padblokkade
Afgelei:
• blokkadeskip
Vertaling:
Engels: blockade
Nederlands: blokkade
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|