Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitpluis
uitpluis [boodskap #146609] Ma, 07 Oktober 2024 12:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20331
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitpluis
Afbreking: uit•pluis
Samestelling: uit + pluis


Werkwoord: pluis uit, uitpluis
Verlede tyd: het uitgepluis

Betekenis:
• Om vesel uitmekaar te trek.
• (figuurlik) Om te ondersoek en te verstaan; agter die kap van die byl te kom.

Gebruik:
• Sy pluis die katoen uit.
• Die oorsaak van siekte is nog nie heeltemal uitgepluis nie.

Sinoniem:
• analiseer
• bepaal
• inspekteer
• navors
• ontleed
• ontsyfer
• oorweeg
• ontrafel
• oplos
• uitsif

Afgelei:
• uitgepluisde
• uitpluiser
• uitpluisery
• uitpluising

Vertaling:
Engels: to investigate, explore, get to the bottom of
Nederlands: uitpluizen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mette
Volgende onderwerp: onherwinbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Okt 07 15:25:21 MGT 2024