Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rondval
rondval [boodskap #146607] Ma, 07 Oktober 2024 08:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20329
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondval
Afbreking: rond•val
Samestelling: rond + val


Werkwoord: val rond, rondval
Verlede tyd: het rondgeval

Betekenis:
• Om orals te val, of figuurlik, om onbeholpe voort te ploeter.

Gebruik:
• Die bagasie val in die motor se bak rond.
• In die beginjare het die gemeente rondgeval om 'n geskikte lokaal vir eredienste te kry.

Sinoniem:
• kleitrap
• ploeter
• rondhol
• spartel
• sukkel
• woel

Vertaling:
Engels: to fall around; to flounder, beat about the bush
Nederlands: ploeteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma, 07 Oktober 2024 08:39]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: vasval
Volgende onderwerp: mette
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Okt 07 11:29:46 MGT 2024