Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koelkop
koelkop [boodskap #146602] Sun, 06 October 2024 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
koelkop
Afbreking: koel•kop
Samestelling: koel + kop


Byvoeglike naamwoord: koelkop
Attributief: koelkop

Betekenis:
• Op 'n kalm en bedaarde wyse.

Gebruik:
• Die heldhaftige seun het koelkop gebly en die stormende buffel met 'n enkele skoot neergevel.

Sinoniem:
• kalm
• koel
• komkommerkoel
• ontspanne
• onverstoorbaar
• rustig
• selfbeheers

Vertaling:
Engels: coolheaded, nerveless, composed
Nederlands: koelbloedig, onverstoorbaar


Selfstandige naamwoord: koelkop
Meervoud: koelkoppe

Betekenis:
• Iemand wat kalm en bedaard is.

Gebruik:
• Jy moet 'n koelkop wees om met moeilike kliënte te kan werk.

Vertaling:
Engels: cool head
Nederlands: koel hoofd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: herpetologie
Volgende onderwerp: onoorwonne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 06:06:41 UTC 2024