Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stortvloed
stortvloed [boodskap #146594] Sa, 05 Oktober 2024 09:11
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20320
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stortvloed
Afbreking: stort•vloed
Samestelling: stort + vloed


Selfstandige naamwoord: stortvloed
Meervoud: stortvloede

Betekenis:
• 'n Massa water wat laaggeleë gebiede oorstroom.
• (figuurlik) 'n Oorweldigende hoeveelheid.

Gebruik:
• 'n Stortvloed van rou riool het in die straat afgeloop nadat 'n verteertenk ontplof het.
• Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. [Matteus 6:7]

Sinoniem:
• lawine
• stortbui
• stortreën
• vloedstroom
• wolkbreuk

Vertaling:
Engels: flash flood, torrent; deluge, mass
Nederlands: stortvloed

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 05 Oktober 2024 09:26]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: tussendeur
Volgende onderwerp: taxistaanplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Okt 06 07:22:02 MGT 2024