Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedemp
gedemp [boodskap #146570] Mon, 30 September 2024 18:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedemp
Afbreking: ge•demp
Samestelling: ge- + demp


Byvoeglike naamwoord: gedemp, gedempt
Vergrotende trap: gedempter
Oortreffende trap: gedempste
Attributief: gedempte

Betekenis:
• Wat onderdruk is; sagter of minder sterk gemaak is.
• (verouderd) Toegegooi met grond.

Gebruik:
• Daar heers 'n gedempte atmosfeer in die huis.

Spreekwoord:
• As die kalf verdrink, word die put gedemp. [Wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref.]

Sinoniem:
• geblus
• gedoof
• gematig
• gesmoor
• onderdruk
• subtiel

Vertaling:
Engels: subdued, muted, muffled, dimmed, dampened
Nederlands: gedempt


Werkwoord: demp
Verlede tyd: het gedemp

Betekenis:
• Verlede tyd van demp; om sagter of minder sterk te maak.

Gebruik:
• Sy het die lig gedemp.

Vertaling:
Engels: subdued, muted, muffled, dimmed, dampened
Nederlands: gedempt

Nota:
• Voltooide deelwoord van demp.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gegoed
Volgende onderwerp: middelman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 30 16:59:27 UTC 2024