gegoed [boodskap #146569] |
Mon, 30 September 2024 17:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gegoed
Afbreking: ge•goed
Samestelling: ge- + goed
Byvoeglike naamwoord: gegoed
Vergrotende trap: meer gegoed
Oortreffende trap: mees gegoede
Attributief: gegoede
Betekenis:
• Met baie geld en ander middele.
Gebruik:
• Hy kom uit 'n gegoede familie.
Sinoniem:
• bedeeld
• bemiddeld
• florerend
• opulent
• ryk
• vermoënd
• welaf
• welgesteld
• welvarend
Antoniem:
• arm
• behoeftig
Afgelei:
• gegoedheid
• gegoedes
Vertaling:
Engels: affluent, well-off, well-to-do
Nederlands: gegoed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|