gekunsteld [boodskap #146564] |
Mon, 30 September 2024 14:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gekunsteld
Afbreking: ge•kuns•teld
Byvoeglike naamwoord: gekunstel, gekunsteld
Vergrotende trap: meer gekunsteld
Oortreffende trap: mees gekunstelde
Attributief: gekunstelde
Betekenis:
• Op 'n onnatuurlike of gedwonge manier. So dat 'n mens kan sien dat iets nie natuurlik of eg is nie.
Gebruik:
• Haar voordrag kom vir my 'n bietjie te gekunsteld voor.
Sinoniem:
• aanstellerig
• geaffekteerd
• gesofistikeerd
• grootdoenerig
• kunsmatig
• onnatuurlik
• teatraal
• vals
Antoniem:
• ongekunsteld
Afgelei:
• gekunsteldheid
Vertaling:
Engels: contrived, artificial, mannered
Nederlands: gekunsteld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|