waterjuffer [boodskap #146364] |
Wed, 04 September 2024 15:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21040 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waterjuffer
Afbreking: wa•ter•juf•fer
Samestelling: water + juffer
Selfstandige naamwoord: waterjuffer
Meervoud: waterjuffers
Verkleinwoord: waterjuffertjie
Meervoud van verkleining: waterjuffertjies
Betekenis:
• Insek in die suborde Zygoptera wat baie soos 'n naaldekoker lyk.
Gebruik:
• 'n Waterjuffer is kleiner as 'n naaldekoker en vou sy vlerke agter sy rug, terwyl 'n naaldekoker sy vlerke uitsprei as hy rus.
Verwant:
• naaldekoker
Vertaling:
Engels: damselfly
Nederlands: waterjuffer, libel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|