kompulsief [boodskap #146254] |
Fri, 23 August 2024 19:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21040 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kompulsief
Afbreking: kom•pul•sief
Samestelling: kompulsie + -ief
Byvoeglike naamwoord: kompulsief
Vergrotende trap: kompulsiewer
Oortreffende trap: kompulsiefste
Attributief: kompulsiewe
Betekenis:
• Gekenmerk deur kompulsie. Met 'n onweerstaanbare drang om iets te doen; sonder beheer oor jouself.
Gebruik:
• Hy drink kompulsief.
• Sy is 'n kompulsiewe leuenaar.
Sinoniem:
• dwangmatig
• dwingend
• gedrewe
• verslaaf
Afgelei:
• obsessief-kompulsief
Vertaling:
Engels: compulsive
Nederlands: compulsief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|