Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitspoeg
uitspoeg [boodskap #146250] Fri, 23 August 2024 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21040
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitspoeg
Afbreking: uit•spoeg
Samestelling: uit + spoeg


Werkwoord: spoeg uit, uitspoeg
Verlede tyd: het uitgespoeg

Betekenis:
• Om deur te spoeg iets uit die mond te werp.

Gebruik:
• Hy spoeg die kougom uit. As dit sleg is kan jy dit uitspoeg.
• Die Here het met die vis gepraat, en die vis het vir Jona uitgespoeg op die land. [Jona 2:10]

Wisselvorm:
• uitspuug

Antoniem:
• insluk

Afgelei:
• uitspoegsel

Vertaling:
Engels: to spit out
Nederlands: uitspugen, uitspuwen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitbars
Volgende onderwerp: bestuurslid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 15 12:54:54 UTC 2025