uitbars [boodskap #146249] |
Fri, 23 August 2024 10:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21041 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitbars
Afbreking: uit•bars
Samestelling: uit + bars
Werkwoord: bars uit, uitbars
Verlede tyd: het uitgebars
Betekenis:
• Om deur te bars vinnig na buite te gaan.
• (figuurlik) Om skielik uit te kom.
Gebruik:
• Die vulkaan het skielik uitgebars. Die skou bars uit sy nate.
• Hy dink sy gaan in trane uitbars, maar toe bars sy uit van die lag.
Sinoniem:
• blaas
• deurbreek
• losbars
• ontplof
• uitbreek
• uitkom
• uiteenspat
• uitskiet
Afgelei:
• uitbarstend
• uitbarsting
Vertaling:
Engels: to burst out, erupt, explode
Nederlands: uitbarsten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|