segswyse [boodskap #146224] |
Wed, 21 August 2024 13:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21040 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
segswyse
Afbreking: segs•wy•se
Samestelling: seg(sê) + -s- + wyse
Selfstandige naamwoord: segswyse
Meervoud: segswyses
Betekenis:
• 'n Vaste, geykte uitdrukking wat dikwels voorkom.
Gebruik:
• Idiome en segswyses is die kruie en speserye waarsonder 'n taal nie kan klaarkom nie.
Sinoniem:
• frase
• sinsnede
• spreekwyse
• uitdrukking
Vertaling:
Engels: expression, saying
Nederlands: zegswijze
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|