hemelwaarts [boodskap #145995] |
Thu, 01 August 2024 15:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21038 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hemelwaarts
Afbreking: he•mel•waarts
Samestelling: hemel + -waarts
Byvoeglike naamwoord: hemelwaarts
Attributief: hemelwaartse
Betekenis:
• Wat boontoe wys; na die hemel gerig is.
• (figuurlik) Wat op God gefokus is.
Gebruik:
• Die skepe is hemelwaarts geslinger en het dan weer dieptes toe getuimel. [Psalms 107:26]
• 'n Hemelwaartse lewe sal ruim in die hiernamaals beloon word.
Sinoniem:
• boontoe
• omhoog
• opwaarts
Vertaling:
Engels: towards heaven
Nederlands: hemelwaarts
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|