Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onwankelbaar
onwankelbaar [boodskap #145941] Vr, 26 Julie 2024 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20121
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onwankelbaar
Afbreking: on•wan•kel•baar
Samestelling: on- + wankelbaar


Byvoeglike naamwoord: onwankelbaar
Vergrotende trap: onwankelbaarder
Oortreffende trap: onwankelbaarste
Attributief: onwankelbare

Betekenis:
• Wat stewig staan en nie sommer sal wankel (dreig om om te val) nie.

Gebruik:
• 'n Huis wat op rots gebou is, is onwankelbaar.
• Besef dan dat 'n onwankelbare geloof groot waarde het.

Sinoniem:
• beginselvas
• koersvas
• onbeweeglik
• onomstootlik
• onwrikbaar
• rotsvas
• stabiel
• standvastig
• vas

Antoniem:
• wankelbaar

Afgelei:
• onwankelbaarheid

Vertaling:
Engels: unshakable, steadfast
Nederlands: onwankelbaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: selfbeheer
Volgende onderwerp: terugskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 07 23:35:59 MGT 2024