Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verrigting
verrigting [boodskap #145832] Sun, 14 July 2024 11:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21036
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verrigting
Afbreking: ver•rig•ting
Samestelling: verrig(t) + -ing


Selfstandige naamwoord: verrigting
Meervoud: verrigtinge, verrigtings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verrig (om iets te doen).
• Een van die formaliteite tydens 'n funksie of byeenkoms.

Gebruik:
• Hy het die besering tydens die verrigting van sy pligte opgedoen.
• Die verrigtinge word met skriflesing, gebed en samesang geopen.

Sinoniem:
• daad
• handeling
• onderneming
• uitvoering
• vervulling
• volvoering
• byeenkoms

Hiponiem:
• diensverrigting
• hofverrigting
• krygsverrigting
• lewensverrigting
• taakverrigting
• werkverrigting

Afgelei:
• verrigtingsmotor

Vertaling:
Engels: action, execution, performance; proceeding
Nederlands: verrichting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: departementeel
Volgende onderwerp: skriflesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 15 07:59:40 UTC 2025