Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lot
lot [boodskap #145788] So, 07 Julie 2024 12:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20320
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lot
Afbreking: lot


Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud:

Betekenis:
• Die onontkombare verloop van gebeure.

Gebruik:
• Hy betreur sy lot.

Spreekwoord:
• Die lot is gewerp. [Daar is niks meer aan te doen nie.]
• Iemand aan sy lot oorlaat. [Jou nie aan iemand steur nie.]

Sinoniem:
• bestemming
• fortuin
• geluk
• toekoms
• toeval
• voorbeskikking
• voorland

Hiponiem:
• lewenslot
• noodlot

Afgelei:
• lotgenoot
• lotgeval
• lotsbedeling
• lotsbeskikker
• lotsbestemming
• lotsverbondenheid
• lotverwerking
• lotswisseling
• lotuur

Vertaling:
Engels: fate, destiny, lot
Nederlands: lot


Selfstandige naamwoord: lot
Meervoud: lotte
Verkleinwoord: lotjie
Meervoud van verkleining: lotjies

Betekenis:
• 'n Klomp dinge bymekaar.

Gebruik:
• Hy wil die hele lot saam verkoop.

Sinoniem:
• kaboedel
• spul
• stel

Vertaling:
Engels: lot, allotment, batch
Nederlands: lot

Nota:
• Lot in die Bybel was Abram se broerskind.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekla
Volgende onderwerp: liggaamshouding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Okt 06 05:38:32 MGT 2024