Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pluis
pluis [boodskap #145778] Do, 04 Julie 2024 15:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19521
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Pluisies katoen.
Pluisies katoen.
pluis
Afbreking: pluis


Bywoord: pluis

Betekenis:
• Wat goed en reg is.

Gebruik:
• Ek het dadelik gesien iets is nie pluis nie.

Vertaling:
Engels: in order, right, proper
Nederlands: pluis


Selfstandige naamwoord: pluis
Meervoud: pluise
Verkleinwoord: pluisie
Meervoud van verkleining: pluisies

Betekenis:
• 'n Stof wat lig, sag, droog en pofferig is (soos wol of watte).

Gebruik:
• Sy druk pluisies in haar ore.

Hiponiem:
• katoenpluis

Afgelei:
• pluishoed
• pluiskeil
• pluismasjien
• pluismeul
• pluiswol

Vertaling:
Engels: fluff
Nederlands: pluis


Werkwoord: pluis
Verlede tyd: het gepluis

Betekenis:
• Om hare, vere, ens., sag en pofferig te maak.

Gebruik:
• Die voëltjie pluis sy vere.
• Die haarkapster het jou hare pragtig gepluis.

Afgelei:
• pluisagtig
• pluiser
• pluiserig
• pluisery
• pluisig
• uitpluis

Vertaling:
Engels: to fluff, make fluffy
Nederlands: pluizen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 05 Julie 2024 07:33]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: pyler
Volgende onderwerp: studieveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 06:52:21 MGT 2024