Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Stille nag se woorde in Duits?
Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18581] So, 25 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand dalk help?
En ook die woorde van O Tannenbaum.

Dankie!
Rana
--
rana
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18582 is 'n antwoord op boodskap #18581] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers) writes:
> In ieder geval, ek verneem net of dit nou gebruik geword het om die
> umlaut in Duits te vervang met die verangliseerde vorm met die 'e' na
> die klinker?
> Ek sien die gebruik slaan nou ook uit by Afrikaanse koerante, ook by
> die een wat ek daagliks ontvang en wie se naam so ongeveer 'n kloon is
> van Der Spiegel:-)

Sies, Hannes, lees jy dan ook die
Beeld? Miskien moet jy dit nie in
die openbaar sê nie. Die klomp
hier op die nuusgroep sal op jou
spring. Veral ou Lou.

Maar het jy nie bietjie van 'n umlaut-
fetish nie? As iemand verkies om 'n
umlaut te sit op za om van gemorspos
ontslae te raak, moet dit iets van
hom openbaar maak.

Tant Hessie van Helsdingen (as die
maan vol is, maak ek hom leeg.)
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18583 is 'n antwoord op boodskap #18581] So, 25 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Marlis und Robert Mayer writes
> Stille Nacht, heilige Nacht!

> Baie groete
> die 5 Mayers van Wenen (Oostenryk)
> (en vriende van Suid-Afrika)

Baie dankie, Marlis en Robert. Nou kan die personeel en kinders hier
waar ek skoolhou, in die suide van Engeland, dit aanleer vir die
Kerssangaand. Sommer die Afrikaanse Stille Nag ook :)

Groete,
Rana
--
rana
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18596 is 'n antwoord op boodskap #18581] Ma, 26 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gervaas Hellin writes
> O Tannenbaum, O Tannenbaum,
> wie treu sind deine Blätter!

Baie dankie, ek waardeer dit ! :)

Groete,
Rana
--
rana
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18616 is 'n antwoord op boodskap #18581] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
>> Kan iemand dalk help?
>> En ook die woorde van O Tannenbaum.
>
> Sover ek dit kan onthou...
>
> Stille Nacht, heilige Nacht,
> alles schläft, einsam wacht

Baie dankie Thorsten, en ook Gervaas, nou gaan die Engelse
kindertjies darem Duits sing dat hoor en sien vergaan.

Wat van die woorde van 'My vader was 'n musikant' in Duits?
En/of Die Lorelei? Enige ander baie eenvoudige Duitse liedere,
geskik vir beginner sprekers?

Groete,
Rana

--
rana
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18617 is 'n antwoord op boodskap #18581] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
rana wrote:
>
> Kan iemand dalk help?
> En ook die woorde van O Tannenbaum.

Sover ek dit kan onthou...

Stille Nacht, heilige Nacht,
alles schläft, einsam wacht
nur das traute hochheilige Paar,
holder Knabe im lockigen Haar,
schläft in himmlischer Ruh',
schläft in himmlischer Ruh'.

---

O Tannenbaum, o Tannenbaum,
wie grün sind deine Blätter.
Du blühst nicht nur zur Sommerszeit,
nein, auch im Winter, wenn es schneit.
O Tannenbaum, o Tannenbaum,
wie grün sind deine Blätter.

As jy meer wil weet sal ek nakyk, ek is seker dat ons hier 'n boek met Duitse
volksliedjies het. Die bostaande is alles wat ek op die oomblik kan onthou.

Groete,

Thorsten
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18776 is 'n antwoord op boodskap #18581] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 25 Oct 1998 17:58:04 GMT skryf :

-> Sies, Hannes, lees jy dan ook die
-> Beeld?

Gloudina
Ja. Die Weekly Mail & Guardian óók, én die Patriot, én die Sowetan.
Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18777 is 'n antwoord op boodskap #18581] So, 01 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 25 Oct 1998 17:58:04 GMT skryf :
-> Maar het jy nie bietjie van 'n umlaut-
-> fetish nie? As iemand verkies om 'n
-> umlaut te sit op za om van gemorspos
-> ontslae te raak, moet dit iets van
-> hom openbaar maak.

Gloudina
Nee, nie 'n umlaut-fetisj nie. Wel 'n fetisj oor mense wat Afrikaans
skryf sonder die leestekens op die regte plekke. Sedert die koms van
Windows 95 is daar mos nie meer 'n verskoning nie.
Groete
Hannes

...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18809 is 'n antwoord op boodskap #18581] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 01 Nov 1998 19:00:50 GMT, hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers)
had the following to say:

|Op 25 Oct 1998 17:58:04 GMT skryf :
|
|-> Sies, Hannes, lees jy dan ook die
|-> Beeld?
|
|Gloudina
|Ja. Die Weekly Mail & Guardian óók, 'n die Patriot, 'n die Sowetan.
|Groete
|Hannes

Ek is maar redelik skepties oor julle ouens wat beweer julle lees al
die koerante - tensy dit deel van jou werk uitmaak, gaan jy nie genoeg
tyd in jou dag hê om al die koerante te lees nie. En hoekom sal jy
nou elke dag ? die Sowetan lees?
Groete!
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18810 is 'n antwoord op boodskap #18581] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 01 Nov 1998 13:01:47 GMT, hancil@mweb.co.zä (Hannes Cilliers)
had the following to say:
|Nee, nie 'n umlaut-fetisj nie. Wel 'n fetisj oor mense wat Afrikaans
|skryf sonder die leestekens op die regte plekke. Sedert die koms van
|Windows 95 is daar mos nie meer 'n verskoning nie.
|Groete
|Hannes

Meeste leestekens is oorbodig en dis hoog tyd dat ons hulle uitgooi -
soos byvoorbeeld by die woord "wereld".

Sommiges moet ons wel hou - soos in "hoërskool" =|:^)
Groete!
Re: Stille nag se woorde in Duits? [boodskap #18902 is 'n antwoord op boodskap #18581] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
rana wrote:
>
> Wat van die woorde van 'My vader was 'n musikant' in Duits?
> En/of Die Lorelei? Enige ander baie eenvoudige Duitse liedere,
> geskik vir beginner sprekers?

Jammer! Hierdie plasing het ook eers vandag hier aangekom. Moenie dink dat ek
geen antwoord gee nie.

Ek sal môre nakyk of ek die woorde van dié liedere kan vind, eintlik hou ek
meer van "Rock" en soortgelyke style. Daarom enthou ek net hierdie (van 'Loreley'):

Ich weiß nicht, was soll es bedeuten,
daß ich so traurig bin.
Ein Märchen aus uralten Zeiten
das geht mir nicht aus dem Sinn (?)

Toe ek in London was en bo op die "tower bridge" gegaan het, het ek 'n ou man
ontmoet wat my gevra het waarvandaan ek kom. Toe ek gesę het dat ek duits is,
het hy begin sing: "Ich weiß nicht, was soll es bedeuten..."
Die ou Engelsman het die lied se woorde beter onthou as ek. Sies! :-)

Terloops... die "Loreley" is vandag 'n bekende toeriste-attraksie in die
omgewing waar ek woon.

Groete,

Thorsten
Vorige onderwerp: Re: Stille nag se woorde in Duits?
Volgende onderwerp: Sprokie vir 'n Stadskind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 03:57:37 MGT 2024