Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » groepering
groepering [boodskap #145151] Do, 02 Mei 2024 12:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19010
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
groepering
Afbreking: groe•pe•ring
Samestelling: groepeer + -ing


Selfstandige naamwoord: groepering
Meervoud: groeperinge, groeperings
Verkleinwoord: groeperinkie
Meervoud van verkleining: groeperinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van groepeer (om in groepe in te deel, of dit wat 'n groep vorm).

Gebruik:
• Nadat die skape geskeer is moet die groepering van die wol plaasvind.
• By die skietbaan skiet sy 'n perfekte groepering.

Sinoniem:
• bondel
• geledere
• indeling
• kategorie
• klas
• rangskikking
• sektor
• sortering
• verdeling

Hiponiem:
• hergroepering
• kringgroepering
• ouderdomsgroepering

Afgelei:
• groeperingswyse

Vertaling:
Engels: grouping
Nederlands: groepering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lofwaardig
Volgende onderwerp: skietbaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:04:52 MGT 2024